Tuis

Take vir elke streek

-

As die blare van nuwe lote groen is met baie kort stingellit­te (die spasie tussen opeenvolge­nde blare), beteken dit jou rose se wortels kan nie doeltreffe­nd water absorbeer nie. Die bietjie water wat hulle kan opstuur, bevat hormone wat die ogies opdrag gee om dadelik uit te loop sodat die plant kan begin fotosintee­r. Dit moet dan die wortels ekstra krag gee om verder uit te sprei op soek na nuwe bronne van water en voedingsto­wwe. Grawe rondom dié rose en maak gekompakte­erde grond los. Werk kompos, grondboond­oppe of fyn appelkoosp­itte in om die grond te belug en sodat die water makliker kan deurdring. Somerreëns­treek Rose groei vinnig en het meer water nodig om lang lote en goeie knoppe te vorm. Maak elke tweede of derde dag nat en voed teen middel September met Vigorosa. Dien vroeg in die maand Koinor, ’n langdurige plaagdoder, toe om nuwe groei en blomme te beskerm. Strooi organiese deklae soos dennenaald­e of grondboond­oppe om die grond en wortels koel te hou. Kaapse kusstreek Waar kusgebiede nog reën ervaar, spuit met Chronos of Rose Protector teen swartvlek. Gee nuwe groei ’n hupstoot en dien in die middel van die maand ’n roosvoedin­g soos Vigorosa toe. Laeveld en KwaZulu-Natalse kus Plae soos plantluise, blaaspootj­ies en bolwurm word aktief in die hitte en beskadig blomme en nuwe lote. Spuit elke twee weke met Ludwig’s Insect Spray of deurdrenk die plant aan die begin van September met Koinor. Maak elke tweede of derde dag nat en bemes met ’n roosvoedin­g soos Vigorosa. Strooi ’n deklaag sodat die wortels koel kan bly.

 ??  ?? ‘Caribbean’
‘Caribbean’
 ??  ?? Kyk op tuis.co.za hoe Ludwig die vingersnoe­itegniek demonstree­r.
Kyk op tuis.co.za hoe Ludwig die vingersnoe­itegniek demonstree­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa