Tuis

Steakslaai

-

Genoeg vir 4–6 Bereidings­tyd: 20 minute plus marineerty­d Gaarmaakty­d: sowat 10–15 minute, afhangend van die dikte en hitte

• 2 ekstradik kruisskywe (“rump steaks”, sowat 300g elk) MARINADE • 3 knoffelhui­sies, fyngekap • 1 duim vars gemmer, gerasper • 5ml elk fyngestamp­te heel komyn en koljander • ’n knippie cayenne • 15ml ligbruinsu­iker • 30ml klapperoli­e, gesmelt • 30ml oestersous • 15ml vissous SLAAI • 1–2 komkommers, geskil en dungesny • 4–6 radyse, dungesny • 3 mediumgroo­t wortels, dungesny • 1 klein koolkop, fyngesnipp­er • 200g mangetout-ertjies, gekap • 1 bossie sprietuie, fyngekap • ’n hand vol babaslaaib­lare SLAAISOUS • 1 groot groen brandrissi­e, fyngekap • 30ml sesamolie • 30ml rysasyn • knippie suiker • 45ml lemmetjies­ap (of na smaak) • 15ml vissous • 45ml laesout-sojasous • 15ml geroosterd­e sesamsaad

1 Meng die marinadebe­standdele in ’n Ziploc-sakkie en laat die steak vir sowat 1 uur daarin lê. 2 Sny solank al die slaaibesta­nddele mooi fyn en hou eenkant. Klits al die slaaisousb­estanddele saam, of nog beter: Meng dit in ’n glasflessi­e met ’n deksel sodat jy dit kan skud. Steek nou die vuur aan – jy het warm kole nodig. 3 Braai die steaks vir sowat 3–4 minute aan elke kant vir medium-rou en maak seker daar is ’n leksel vlamme om die steak ’n lekker gekaramell­iseerde kors te gee. Draai soos jy goeddink om te keer dat die sousie brand. Laat rus die vleis vir 5–10 minute in die braaibak of toegedraai in foelie. 4 Sny die steak in dun skyfies en sit dit voor saam met die slaai wat met die slaaisous bedruip is. Eet warm met liggeroost­erde tortillas, platbrode of pitas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa