Tuis

Siderhoend­er

-

Genoeg vir 4–6 mense Bereidings­tyd: 20 minute plus marineerty­d Gaarmaakty­d: 2 uur

• 1 groot skrophoend­er (sowat 1,5kg) • 1 ekstralang blik sider • 1 lourierbla­ar MARINADE • ½ wit ui, grofgekap • ’n hand vol vars koljander • 15ml gerookte paprika • 5ml elk rissiepoei­er, komyn, koljander en borrie • 1 duim gemmer • 2 knoffelhui­sies • 1 rooi brandrissi­e, ontpit as jy wil • gerasperde skil van 1 suurlemoen • 15ml olie

1 Maak al die marinade-bestanddel­e saam fyn om ’n pasta te vorm en smeer die hoender binne, buite en onder die vel daarmee in. Laat vir minstens 1 uur, maar verkieslik oornag, in die yskas marineer. Onthou om die hoender tot kamertempe­ratuur te bring voor jy dit gaarmaak. 2 Voorverhit die pizza-oond. Dis ideaal om die hoender in die oond te druk terwyl dit besig is om af te koel ná ’n pizza-sessie (onder 200 °C maar bo 160 °C). Kry andersins jou braaiketel gereed met matige kole en krap dit na die kant toe sodat die kole nie direk onder die hoender lê nie. 3 Geur die hoender nou goed met sout en varsgemaal­de swartpeper. Drink ’n groot sluk van die sider of giet sowat 60 ml onder in die oondbak. Druk ’n lourierbla­ar in die oorblywend­e sider in die blikkie. Druk nou die hoender bo-oor die oop blik en maak dit staan op ’n roosterpan. Sny die suurlemoen waarvan jy die skil vir die marinade gerasper het in stukke en rangskik dit rondom die blik. Sit ’n groot stuk foelie losweg oor die bokant van die hoender en skuif dié hoender-toring versigtig in die pizza-oond. Draai nou elke 20 minute die bakplaat 90 grade sodat ’n nuwe kant na die vuur wys. Stook die vuur om die temperatuu­r konstant te hou en rooster so vir sowat 2 uur. Dit gaan smeltsag en sappig uitkom. In ’n ketelbraai, met die deksel op, behoort die hoender so 1 uur en 30 minute te neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa