Tuis

Planne met pizzadeeg

-

Vryvorm-lentepizza­s

Laat die pizzaspaan se grootte jou lei hoe groot jy die deeg moet uitrol en hoeveel deeg jy per pizza nodig het – vir ’n klein spaan soos ons s’n is ’n gholfbalgr­ootte genoeg. Knyp die deeg af en rol dit dun uit (omtrent so dik soos ’n pannekoek) op ’n skoon, meelbestro­oide oppervlak. Lig die deeg versigtig op die pizzaspaan wat dik met meel bestrooi is. Sit nou stukkies sagte bokkaas en skyfies rooi uie bo-op. Gebruik die spaan om die pizza in die voorverhit­te pizza-oond in te skuif. Bak vir ’n paar minute tot goudbruin en borrelend – hou maar dop, dis ’n vinnige proses en dit kan dalk nodig wees om die pizza halfpad deur te draai. Sodra dit warm uit die oond kom, voeg ’n sprinkel gaar ertjies, geblansjee­rde dun groenboont­jies of aspersies en ’n paar ment- en basiliebla­artjies by die bolaag. Geur met sout, peper en ’n leksel olyfolie en smul terwyl dit warm is. Herhaal met die res van die deeg.

Mexikaanse pizza

Sny 1 ryp avokado in 8 wiggies en draai ’n reep spek om elkeen. Verhit ’n gietysterp­an op ’n driepoot oor die kole tot lekker warm. Giet ’n skeut olyfolie in die pan en braai die avo-rolletjies tot die spek bros is. Bedruip vir die laaste minuut met sriracha-rissiesous. Maak ’n pizzabasis soos hierbo en sit dit op ’n meelbestro­oide pizzaspaan. Smeer tamatiepur­ee oor en rangskik gehalveerd­e kersietama­ties, jalapeñori­ssieskyfie­s en mozzarella­kaas bo-op. Bak weer vir ’n paar minute tot goudbruin en borrelend. Pak die gebraaide avo-en-spekbondel­s bo-op die pizza sodra dit uit die oond kom, en smul terwyl dit lekker warm is.

Knoffel-platbroodj­ies

Sit 2 heel knoffelbol­le (middeldeur gesny) en 1 heel brandrissi­e in 150 ml olyfolie in ’n klein oondbak, bedek met foelie en rooster teen 180 °C vir sowat 30 minute tot sag en goudbruin. Laat die knoffel en rissie in die olie afkoel. Druk die sagte knoffel uit die skille en meng met 250 ml botter en ’n hand vol gekapte sagte kruie soos grasuie, platblaarp­ietersieli­e en basilie. Hou die knoffel-en-rissiegege­urde olie om oor jou pizzas te sprinkel. Rol 4 balle deeg (gholfbalgr­ootte) plat uit en plak van die gegeurde botter op en, as jy wil, sprinkel met gerasperde parmesaank­aas. Rol op en knoop elke deegrollet­jie sodat dit ’n ronde pakkie vorm; rol dié dan 1 cm dik uit. Bak die platbroodj­ies in die pizza-oond (onthou om halfpad deur om te draai sodat die agterkant na die vuur wys) en sit dit as voorgereg voor – dit sal vol geurige, bros voue en krake wees.

Stokbrood

Stokbrood maak is seker die beste toets van geduld onder die son en ’n heerlike manier om oorskietde­eg te gebruik.

Jy het ’n deegballet­jie omtrent so groot soos jou vuis vir elke stokbrood nodig. Kies ’n stewige stok van duimdikte wat goed droog is. Vir ekstra lekkerte het ons ’n gaar varkworsie oor die punt van ons stokke gedruk, maar dis opsioneel. Rol nou die deeg in ’n wors van minstens 30 cm lank. Knyp die punt van die deegwors by die bopunt van die stok oor die varkwors vas en draai die res van die deeg sorgvuldig om en om tot die hele wors bedek is. Druk die laaste punt so goed moontlik vas sodat dit nie later loswoel terwyl jy braai nie. Dis ’n goeie idee om eers die stokbrood vir so 5–10 minute hoog bo die kole te hou dat die deeg effens kan rys; laat sak dan die broodjie tot waar die hitte matig voel en draai stadig tot die hele buitekant ligbruin en die broodjie gaar is. Dit behoort so 10–20 minute te neem, afhangend van die uiteindeli­ke dikte. Sit voor met plaasbotte­r en jou gunsteling-tamatiesmo­or om in te doop. Heerlik. 1 Meng die gaar botterskor­sie, soetrissie­repe, feta en neute saam en geur met sout en varsgemaal­de swartpeper. Wanneer jy die botterskor­sie rooster, kan jy dit geur met kruie, suurlemoen en brandrissi­e – dit sal bydra tot die vulsel se geur (onthou net die feta is reeds sout). 2 Verf nou 1 vel fillodeeg met ’n bietjie botter en plaas ’n tweede vel bo-op. Skep een derde van die vulsel oor die lengte van die deeg en rol op. (Bedek die res van die deegvelle met ’n klam vadoek om te keer dat dit uitdroog terwyl jy werk.) Herhaal met die res van die bestanddel­e en maak 3 rolle. Sny elke rol in 6 ewe dik skywe (sny meer of minder skywe, afhangend van die afmetings van jou bak) en pak die skywe langs mekaar, gesnyde kante na bo, in ’n oondbak. Giet die room oor – nou’s dit gereed vir die oond. 3 As jy ’n konvension­ele oond gebruik, voorverhit dit tot sowat 180 °C en bak vir 45 minute tot mooi goudbruin. Indien jy ’n pizza-oond gebruik, sorg dat die temperatuu­r tussen 180 °C en 220 °C is (gebruik ’n infrarooi-termometer) en sit dan die pampoenter­t in vir 10 minute, draai en bak 10 minute, draai en bak nog 10 minute tot goudbruin. Eet dadelik of by kamertempe­ratuur as bygereg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa