Tuis

KFoo s d drank Vier die lente met ’n paar borrels, goeie wyn of ’n mengeldran­kie.

- Deur Foto’s

Allée Bleue Blue Owl Unwooded Chardonnay 2015 Johané Neilson •

(vanaf R50 by die kelder of Pick n Pay) is ’n gehalte-wyn propvol geur. Met heerlike aromas van spanspek, appelkoos en sitrus is dié wyn ’n goeie pasmaat vir romerige pasta of geroosterd­e hoender.

Graham Beck Allure Chardonnay Pinot Noir

(R64,95 eksklusief by Woolworths) is perfek vir die somer, veral saam met soesji en vars seekos. Sappige geure van ryp bessies tintel op die tong en bied ’n elegante, verfrissen­de varsheid.

Vars uit die oond verskaf Breek die ys

Die Ice Maker-yskas spog met ’n geïntegree­rde wateren-ystuit – ’n eerste vir die Hisense-reeks. Dit maak tot 1,2 kg ys per dag, en die tuit is hoog genoeg dat ’n langer glas ook onderin kan pas. Die yskas het onder meer ook ’n verwyderba­re wynrak, Nano Freshtegno­logie vir vrugte en groente, en energiebes­parende LUD-ligte. Dit kos sowat R14 999 en is landwyd beskikbaar.

Word ’n pizza-foendi Smag jy na ’n stukkie pizza, maar het nie ’n pizza-oond nie?

Le Creuset het ’n versterkte, kleefvrye pizzapan wat lug eweredig sirkuleer. Die beste van als? Jou pizza sal nooit aan die pan vassit nie. 33 cm-pizzapan R580, lecreuset.co.za ’n Geglasuurd­e pizzasteen versprei hitte eweredig, en as jy dit reg gebruik, sal jy elke keer ’n pragtige goudbruin kors hê – net daar in jou gewone oond. 33 cm-pizzasteen R489, yuppiechef.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa