Tuis

Krui van die maand

-

Lavandula dentata

Franse laventel, met sy pragtige grys loof en langdurige blomme, is ’n wenner in enige tuin.

Kweek dit so Plant dit in volson, goed gedreineer­de, komposryke grond. Sodra dit gevestig is, is dit droogtebes­tand en hoef dit net een keer per week goed natgemaak te word. Snoei om dit kompak te hou; dit kan ook vormgesnoe­i word. Die sterk geur van die persblou blomme met kort, ligpers skutblomme lok skoenlappe­rs.

Die bosagtige plante (60–80 cm hoog en wyd) is uitstekend vir beddingran­de en in beddings, in randakkers, houers, gruistuine en veldtuine. Die lang stele en groot blomme maak dit ’n uitstekend­e snyblom wat lank hou in ’n vaas; die blomme droog ook goed. Wenk van die maand Dié laventel sal amper heeljaar blom as jy dit ná elke vlaag snoei en bemes om die volgende blomvlaag aan te moedig. Het jy geweet? Franse laventel is ’n goeie metgesel vir kool en blomkool, want die blomme lok liewenheer­sbesies en gaasvlieë wat plantluise vang. Algemene probleme As jy die plante te veel water gee en te na aan mekaar plant, kan dit vatbaar raak vir swamsiekte. Gebruike Die vars blomme kan geur verskaf aan koekies, suiker, jellie en asyn. Maak potpourri van vars of droë blare. Gebruik dit ook in kruiesakki­es om vismotte uit jou linnegoed te hou. Laventel-tee of -aftreksel in jou badwater verlig stres, seer spiere, ’n swaar gemoed en slaapprobl­eme. KONTAK healthyliv­ing-herbs.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa