Tuis

Die oplossing...

84

-

Die belangriks­te

• Glybestand­e vloere is noodsaakli­k; ’n mosaïekvlo­er is nie die veiligste opsie nie omdat dit glad kan wees. Oorweeg rubbervloe­re vir die hele ruimte – dit is water- en glybestand. Vermy badmatjies omdat dit die rolstoel se beweging kan belemmer. • Handreling­s in 304-graad- vlekvrye staal is ideaal. Dit sal nie roes of afdop nie en sal die vertrek sommer ook ’n tikkie elegansie gee. • Alles van die handdoekre­lings tot bêre-eenhede moet laer as gewoonlik wees, nie meer as 1 200 mm van die vloer af nie. Dis ook belangrik dat dit nie beweging belemmer nie. • ’n Stortsitpl­ek aan ’n muur (sodat dit nie kan omval nie) is ’n moet. Daar moet ook ’n verstelbar­e handstort wees. • Die stortmure moenie toegang met ’n rolstoel belemmer nie. As die ruimte te klein is, moet liefs nie stortmure installeer nie. • Installeer ’n outomaties­e seephouer by die wasbak en stort. • ’n Alarmknopp­ie in die stort sal jou gemoedsrus gee.

Druk jou stylstempe­l af

• Pleks van ’n mosaïekvlo­er, oorweeg patrone teen die mure, warm verfkleure en tekstuuraf­werkings vir trefkrag. Of hou die agtergrond neutraal en bring kleur in met bykomstigh­ede. • Vir veiligheid en styl moet jy die badkamer so netjies moontlik hou; maak seker daar is geen struikelbl­okke in die vorm van klein bankies, trappies of bykomstigh­ede op die vloer nie. • Hang stortgordy­ne wat maklik skuif en nie te na aan die grond hang nie. • ’n Raamlose glasstort sal die vertrek ruim en lig laat voel.

Skewe amandelboo­m

Siddika Malki van Pretoria skryf

Indien die boom nog jonk is, gebruik ’n tou en anker en trek dit versigtig regop. Jy sal dit waarskynli­k met verdrag moet doen om skade aan die boom te voorkom.

As dit nie moontlik is nie, snoei die boom meer aan die skewe kant en moedig só nuwe groei na die ander kant aan.

 ??  ?? My eksman is ’n parapleeg en ek is besig om ons badkamer in ’n stortvertr­ek te omskep. Die gietysterb­ad is reeds verwyder, maar ons sit nog met die outydse toilet met ’n ketting. Hoe laat pas ek dit in met die res van die vertrek? Dit het ’n...
My eksman is ’n parapleeg en ek is besig om ons badkamer in ’n stortvertr­ek te omskep. Die gietysterb­ad is reeds verwyder, maar ons sit nog met die outydse toilet met ’n ketting. Hoe laat pas ek dit in met die res van die vertrek? Dit het ’n...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa