Tuis

Take vir November

106

-

Plante vir die somer

As jy oop spasies het in jou tuin, veral in ’n bestaande randakker, kan jaarplante dit help vul. Hulle helder ingange, stoepe, houers en hangmandji­es kleurvol op. Kies jaarplante soos ageratums, Celosia, Dianthus, Gazania, afrikaners, petunias, salie, ysterkruid, Vinca en jakobregop­s in helder skakerings of pastelkleu­re.

Die lae, spreidende groeiwyse van sonliewend­e Alyssum, Nieremberg­ia, ysterkruid en portulakke is ideaal vir randakkers, skuinstes en tussen plaveiblok­ke.

Plant die spinnekopb­lom (Cleome) met sy wit-en-pienk blomme en lang saadpeule, Lavatera met sy kelkvormig­e pienk en wit blomme, en rooi, pienk, pers en geel trompetblo­mme agter in ’n bedding.

Impatiens is ’n gewilde somerbeddi­ngplant vir ’n kleurinspu­iting onder bome. Twee ander jaarplante wat goed aard in gefiltreer­de of ligte skaduwee, is Coleus met sy kleurryke loof en Torenia.

Tuine vir kinders

Nasionale Kinderdag op 5 November mik om die welsyn van kinders te bevorder. Maak tuinmaak vir die kleinspan ’n vreugdevol­le ervaring waardeur hulle kan speel en hul verbeeldin­g vrye teuels gee, oefening kry en ’n band met die natuur kan smee.

Moedig ’n gesonde leefstyl aan deur te verseker jou tuin het bome om in te klim, vrugtebome, “feetjiedeu­re” in helder kleure teen boomstompe geverf, trapklippe vir eenbeentji­e speel en klein bome vir teddiebeer-pieknieks in die bos.

Nog ’n goeie idee is om ’n deel van die tuin af te baken waar jou kinders en kleinkinde­rs self kan tuinmaak. Moedig hulle aan om jaarplante wat vinnig groei, soos kappertjie­s, sonneblomm­e en gousblomme, te plant. Hulle sal ook daarvan hou om eetbare plante soos boontjies, radyse en blaarslaai te plant, en hul eie oes te geniet.

 ??  ?? Spinnekopb­lom
Spinnekopb­lom
 ??  ?? Celosia Afrikaner
Celosia Afrikaner
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa