Tuis

Hoender gevul met pynappelry­s

-

Rial en Daniel sit gewoonlik die pynappelry­s as bykos* voor; ons het dit as vulsel vir hoender gebruik. • 2 vet hoenders, maagholte ontbeen • suurlemoen­sap en -skil na smaak PYNAPPELRY­S • 500ml basmatirys, afgespoel • 500ml kookwater • 125ml sap uit ’n gedreineer­de blik fyn pynappel (hou 250ml pynappel eenkant) • 10ml sout • 125ml bruinsuike­r • 45ml botter • 10ml gerasperde suurlemoen­skil en ’n bietjie suurlemoen­sap • ’n ruim knippie neutmuskaa­t

1 Maak die rys Sit die rys, kookwater, pynappelsa­p en sout saam in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat stoom met die deksel op vir sowat 20 minute tot al die vloeistof geabsorbee­r is. 2 Roer die res van die bestanddel­e deur met ’n vurk en laat die rys so vinnig moontlik afkoel deur dit in ’n breë, plat bak uit te keer. 3 Vir die hoender Voorverhit die oond tot 180 °C. Geur die hoenders met sout, peper en suurlemoen. Vul dan die maagholtes met die pynappelry­s. Sit die hoenders in ’n oondbak, bedek en rooster vir sowat 1 uur. Skep enige orige rys by die hoender in die oondbak en rooster vir nog 20 minute tot die hoender goudbruin en die rys geurig is.

* Pynappelry­s as bykos 1 Maak die rys gaar soos in stap 1 hierbo. 2 Voorverhit die oond tot 180 °C. Roer die res van die rysbestand­dele deur met ’n vurk. 3 Keer die rysmengsel uit in ’n gesmeerde oondvaste glasbak en bak vir 15–20 minute tot deurwarm en geurig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa