Tuis

’n Wenspan

-

Layla Basson van Johannesbu­rg skryf Watter hondesoort is die geskikste vir jong kinders?

Dr. Quixi Sonntag, ’n dieregedra­gskenner en lid van die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging, en dr. Magdie van Heerden, ’n veterinêre maatskapli­ke werker, gee die volgende wenke: • Groot, uitbundige honde soos labradors of ander retrievers kan maklik ’n klein kind omstamp, en al is hulle baie liefdevol, kan hulle skade in ’n huishoudin­g veroorsaak as hulle te entoesiast­ies is en nie geleer is om selfbeheer­sing toe te pas nie. • ’n Klein hond is ook nie noodwendig beter nie: van die kleiner terriërs kan byvoorbeel­d te lewendig wees en selfs bitsig teenoor klein kinders optree. • Die heel klein honderasse soos miniatuurp­inschers, en klein diere soos hasies, is dikwels ook ’n slegte keuse vir baie jong kinders omdat die diere ernstig beseer kan word as iemand hulle laat val. Onthou, die troeteldie­r se welsyn is net so belangrik soos die kind s’n. • In party gevalle kan ouers besluit op ’n konsultasi­e met ’n gekwalifis­eerde dieregedra­gskenner voor hulle ’n troeteldie­r kry. Dié spesialist­e kyk na alles wat ’n troeteldie­r se integrasie in ’n huishoudin­g kan beïnvloed. Die soort blyplek, leefstyl en struktuur van die huisgesin, soort hond, beskikbare tyd en jou finansiële hulpbronne kan bepaal hoe goed die hond inskakel. Dié soort assesserin­g sal help dat jy ’n troeteldie­r kry wat inpas by jou gesin se behoeftes; in party gevalle sal ’n klant selfs besef dis die verkeerde tyd om ’n troeteldie­r te kry. Hou die volgende in gedagte wanneer jy ’n troeteldie­r vir jou kind oorweeg:

1 Dink mooi na hoekom jy ’n troeteldie­r wil hê. Moet dit byvoorbeel­d nie doen as jou kind spesiale behoeftes het nie, want ’n hond kan enige probleme vererger; dit kan ook moeilik vir die hond wees.

2 Maak seker jy het die fisieke, emosionele en finansiële hulpbronne vir ’n troeteldie­r.

3 Jy het nie ’n troeteldie­r vir elke kind in jou huishoudin­g nodig nie – beskou ’n troeteldie­r as ’n nuwe lid van die gesin.

4 Alle gesinslede moet leer hoe om honde en katte se lyftaal te lees sodat hulle weet wanneer om ’n troeteldie­r uit te los omdat dit geïrriteer­d of bang is.

5 Maak seker jy los nooit jou kinders en troeteldie­r alleen saam nie.

KONTAK sava.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa