Tuis

Die hart van die huis – van mense met groot harte

-

Nicolene Erasmus-Rossouw van Pretoria skryf Dat ’n kombuis die hart van die huis is, het ek net weer besef toe ek die kombuissto­rie in die November-uitgawe lees. Dis opvallend dat elke kombuis nie net kosmaakple­k is nie, maar ook kuierplek.

Ek ken Sewes en Saartjie sedert my Potchefstr­oom-dae, en alhoewel ek nog nie die voorreg gehad het om saam met hulle om hul kombuistaf­el te kuier nie, weet ek dat hul gasvryheid nie grense het nie.

Onlangs het ek en my man ’n Switser, Ben, en sy gesin raakgeloop wat deur Afrika toer. Hulle wou hul Land Rover laat diens, en ons kon aan niemand beter dink as Sewes, ’n Land Rover-entoesias, om hulle raad te gee nie. Ons stuur hulle dus Potchefstr­oom toe, waar hulle met ope arms deur die Scholtze ontvang is en aanhou kuier het, selfs nadat die Land Rover versien is en Saartjie hul wasgoed gewas het.

Ben stuur toe vir my ’n foto van hoe hulle om ’n baksel vetkoeke om die kombuistaf­el kuier, en nie lank daarna nie laat weet Saartjie dat Naomi (Ben-hulle se dogtertjie, wat daardie week een jaar oud geword het) pas haar eerste treetjies gegee het – op Afrika-grond! Om daardie kombuistaf­el het vreemdelin­ge vriende geword.

[KORTLIKS]

Afrikaans is my roemtaal Afrikaans is my lied Genade, vrede en liefde wat die Skepper ons bied, Alles verniet! Afrikaans is ’n braaivleis-taal, ’n lekkerlag-taal! Sonder die taal is die lewe maar droog en vaal Afrikaans bou jou karakter elke dag – Sterker as ystertou! Doreen Roux, Phalaborwa

Wicus, jy het voorheen gevra vir ’n Afrikaanse woord vir “grudge purchase”. Wat van “grom-kopie”? – Lana van der Westhuizen, Melkbosstr­and

Tuis Tuis Rosetta Calitz, Randfontei­n

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa