Tuis

Doendinge dié maand

-

• Hoe dieper ’n plant se wortels strek, hoe dieper moet water deurdring om dit te bereik. Maak twee keer per week goed nat pleks van elke dag net bolangs. Groepeer plante met die hoogste waterbehoe­ftes naby die huis en in houers op die stoep vir maklike toegang. • Verdeel oorgroeide irisse en verplant in vars grond wat met kompos verryk is. Maak seker die bopunt van baardiriss­e se risoom lê gelyk met die grond, terwyl Louisiana-irisse se risoom met grond bedek moet wees. • Strooi ’n deklaag ná ’n goeie reënbui of nadat jy goed natgemaak het. Dit verminder verdamping en behou vog in die grond. Werk kompos by sanderige grond in om vog te help behou. • Vernielsug­tige insekte spoor dikwels hul kos met hul reuksin op. Sterkgegeu­rde kruie soos knoffel, grasui, kattekruid en basilie sal dié goggas verwar en is dus nuttige metgeselle vir blomme en groente. • Plantluise kan die nuwe groei van groente en blomme beskadig. Kweek kappertjie­s daar naby – die plantluise sal dit vreet en jou ander plante met rus laat. • Moenie te gou ná ’n haelstorm beskadigde blare verwyder nie; dit beskerm nuwe groei teen sonbrand. Pluk enige beskadigde vrugte dadelik en tel dié op wat op die grond geval het. Moet dit net nie op die komposhoop gooi nie, want verrottend­e vrugte is vrugtevlie­ë se broeiplek. • Hou jou tuin netjies; sny die gras, knip die rande en trek onkruid uit. • Sny lang, kaal lote op struike en rankers weg, maar maak seker daar is genoeg loof op die oorblywend­e stele om die plant teen sonbrand te beskerm. >>

 ??  ?? ‘Pure Emotion’
‘Pure Emotion’
 ??  ?? Baardiris
Baardiris

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa