Tuis

Van onvriendel­ik na ‘welkom’

-

Die Lees se grootste uitdagings was die tuin, en die onvriendel­ike ingang – ’n soliede voordeur wat niemand raakgesien het nie.

Jako verduideli­k: “Al die vertrekke aan die noordekant – die TV-kamer, studeerkam­er en slaapkamer­s – het groot skuifdeure na die voortuin. Dis wonderlik, maar op ’n manier het dit die enkelvoord­eur verdwerg en gaste het sommer altyd by die studeerkam­er (links van die voordeur) ingestap. Boonop was die voorportaa­l baie donker.

“Ons oplossing was om ’n mooi geplaveide paadjie van die oprit na die voordeur te lê. Ons het die soliede enkeldeur met ’n dubbele glasdeur vervang en in die muur reg oorkant die voordeur ook ’n dubbele glasdeur ingesit sodat ’n mens dwarsdeur die huis kan kyk. Van alles wat ons gedoen het, het dit die grootste verskil gemaak.”

Jako lag as hy die agtertuin onthou. “Ek glo die tuin is een van die lewensare van ’n huis, maar die héle erf agter én ’n groot deel van die voortuin was onder baksteenpl­aveisel. Nie juis ’n plek waar kinders lekker kon rondhardlo­op nie.”

Jako se entreprene­ursbrein het egter iets positiefs hierin gesien: “Ek het vir Anneke gesê dis glad nie ’n slegte ding nie; ek kan die bakstene in die opknapproj­ek gebruik. En glo my, daar was meer as genoeg – ek het nie ’n enkele steen gekoop vir enige van die bouwerk nie!”

Binne twee jaar was die tuin ’n lushof danksy die hulp van Petro Jacobs van Petro Landscapin­g. Voor en agter is nou ’n groot garapa-houtdek en grasperk. “Ek hou van ’n dek omdat dit soos vakansie voel,” sê Jako.

Maar hy is nie ’n man wat lank agteroor sit nie. Hoewel dié twee ywerige opknappers dolgelukki­g is met hoe die regrukproj­ek afgeloop het, het hulle intussen aanbeweeg na ’n ander lelike eendjie wat ook soebat om ’n regruk … >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa