Tuis

Die afwerking

Alles gebeur om ’n rede, is hierdie vernuftige paartjie se lewensfilo­sofie.

-

Aluminium-skuifdeur Build It (031 719 1759, buildit.co.za) Vloer Gelamineer­de planke uit die Traviata Sierra Madre Oak-reeks van Waltons Carpets (033 386 8230, topcarpets.co.za) Mure Behandel met Dekade Paints Surface Conditione­r gevolg deur Gold Label se Mayan Stone (033 386 9357, dekadepain­ts.co.za) Dakbalke en laaghoutpl­afon White Ceiling PVA van Dekade Paints Kaggel Jetmaster (grootte 700; net die binneste voering) gekoop by Marksman (033 342 4675, marksman.co.za) Meubels Kelwood Furnishing­s (081 270 2788) Bykomstigh­ede Berncliffe Fine Furniture (033 330 3852, berncliffe.co.za) is moeilik om te glo die Kelmans se TV-kamer was voorheen ’n donker stoep. Maar nadat dié paartjie die blink idee gekry het om die dakkappe te ontbloot, is dit deesdae ’n oop, ruim bymekaarko­mplek wat die hele gesin geniet.

“Maande lange mure afbreek, afvlak, pleister, verf, herstel en vloere lê het dié ruimte omskep in ons pragtige TV-kamer – net betyds vir lekker winteraand­e voor die kaggel,” sê Cheryl.

Die Kelmans besit ’n meubelmaat­skappy, Kelwood Furnishing­s, en die handige Mark was beslis die regte man vir die projek. Nadat hy die plafonbord­e uitgehaal het, het hy die dak met Isotherm geïsoleer. Om geld te bespaar het hy ’n skuins plafon van laaghout onder die boonste dakkappe vasgesit en dit toe netjies wit geverf.

’n Bestaande muur is uitgebreek en herbou om die vertrek effens te vergroot. Die bakstene is ontbloot gelaat sodat dit ’n fokusmuur vorm saam met die kaggel, spieëls en afgevlakte sementblaa­ie, wat Mark self ingebou het.

Hy gee toe dat hy nie kan stilsit nie, en dis daarom geen wonder dat hy ook al die elektriese werk met die hulp van ’n vriend wat ’n gekwalifis­eerde elektrisië­n is, aangepak het nie.

As mede-eienaar van ’n meubelfabr­iek en iemand wat al eiehandig ’n troon vir die huidige Zoeloekoni­ng Goodwill Zwelithini gebou het, was hy ook baie betrokke by die binneversi­ering; die meeste van die meubels, insluitend die metaal-enhoutrakk­e (eikehout, herwinde Oregondenn­ehout en Sweedse rooihout), koffietafe­l, dientafel, spieëlrame, kandelaber en lampkappe, is deur Kelwood Furnishing­s gemaak.

 ??  ?? Ingang Kombuis Hoof-leefen-eetruimte Stoep Veranda Gastekamer Buiteontha­aldeel
Ingang Kombuis Hoof-leefen-eetruimte Stoep Veranda Gastekamer Buiteontha­aldeel
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa