Tuis

Wees waterwys!

76

-

Amanda Dreyer van Bloemfonte­in skryf

Ons moet dit eintlik almal oorweeg om ons tuin aan te pas vir hierdie nuwe toestande. Kies byvoorbeel­d mooi klippe pleks van gras, en plant nuwe én gevestigde plante in potte pleks van in die grond. Hier is nog ’n paar wenke: • Gebruik keistene of hout om beddings te omrand – nie net lyk dit mooi nie, dit help ook om water in die grond te hou. • Kies plante wat minder water vra, soos Crassula, Polygala, Carissa, Gazania, spekboom en Helichrysu­m. • Plant in houers sodat water nie wegloop nie en die plant alles absorbeer. Houers is ook perfek om kruie en groente in te plant. • Jy hoef nie kleur prys te gee wanneer jy waterwys tuinmaak nie. Die kleurvolle oranje spatsels van plante soos gousblomme, vlam-van-die-vlakte (Bauhinia galpinii ) en Kaapse kanferfoel­ie sal mooi kontrastee­r met die sagte blou van agapante, syselbos en felicia. As jy hou van pienk, kies Indigofera, Anisodonte­a en Tinnea barbata. Agapante is ’n uitstekend­e opsie vir ’n waterwyse tuin: Dis gehard, gedy in droë toestande en is in ’n verskeiden­heid blomkleure, van bloupers tot wit en soms pienk, te kry. • Kies inheems – dié plante spaar jou tyd en geld nadat hulle gevestig is omdat hulle goed aangepas is vir die omgewing. Hulle vaar ook besonder goed in tye van waterskaar­ste. Oorweeg vygies, Kaapse madeliefie­s, speldekuss­ings, clivias, Coleonema pulchellum, erikas en proteas. • Gebruik laag groeiende, geharde grondbedek­kers soos Gazania, Plectranth­us en buffelsgra­s wat die grond verkoel en verdamping sal verminder. • Kombineer vetplante met kontraster­ende vorms en kleure vir visuele trefkrag – gebruik byvoorbeel­d variëteite met spits blare saam met ander met sagte, geronde blare. Maak ook seker jy gebruik plante met helder, kontraster­ende kleure. • Maak minder gereeld maar dieper nat; dit moedig die plante aan om diep wortelstel­sels te ontwikkel, wat help dat hulle meer droogtebes­tand raak. • Voor jy natmaak, druk jou vinger in die grond om die voginhoud te toets. Soms lyk die grond bo-op droog, maar het die plant eintlik nog genoeg water. • Belê in produkte wat water help behou, soos SaturAid of Stockosorb. Meng die absorberen­de korrels met die grond; dit absorbeer water wanneer die grond nat is en stel dit weer stadig in die grond vry. Strooi deklae in beddings en werk kompos by die grond in; dit sal ook help dat die grond water behou. • Moenie op winderige dae natmaak nie – die wind help verdamping aan. • Trek onkruid uit sodra jy dit oplet omdat dit met jou plante meeding om water en voedingsto­wwe.

stodels.com

 ??  ?? Ek het onlangs gryswater in my tuin begin gebruik. Wat kan ek nog doen sodat my tuin tydens waterbeper­kings steeds goed lyk?
Nick Stodel, besturende direkteur van Stodels Nurseries, antwoord KONTAK
Ek het onlangs gryswater in my tuin begin gebruik. Wat kan ek nog doen sodat my tuin tydens waterbeper­kings steeds goed lyk? Nick Stodel, besturende direkteur van Stodels Nurseries, antwoord KONTAK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa