Tuis

Spoel met sorg

Wat jy nodig het PROMOSIE 77

-

Tracy Ward van Kenilworth in Kaapstad skryf

’n Toilet met ’n muurgemont­eerde spoelbak (pleks van ’n ingeboude een) is ’n goeie opsie, want jy kan ’n baksteen in die bak sit sodat dit minder water gebruik wanneer jy dit spoel. Maar dis nie net die bak self wat waterverbr­uik beïnvloed nie; hetsy bo die toilet of ingebou, dit moet liefs toegerus wees met ’n dubbelspoe­lmeganisme, wat geweldig baie water bespaar. Met ’n enkele spoel gebruik ’n toilet vier liter water vir vloeibare afval, en met ’n dubbele spoel gebruik dit ses liter vir soliede afval. Soek rond vir die beste een vir jou spesifieke toilet.

Jy kan ook belê in ’n spoelbakme­ganisme wat jy in jou spoelbak installeer; dit verplaas water sodat die toilet met elke spoel minder gebruik. Jy kan dit stel vir die hoeveelhei­d water wat jy per spoel wil gebruik. Dié meganisme van Bathroom Bizarre (regs) kos sowat R240.

bathroom.co.za • 30 mm-hout-gordynstok, gesaag in twee stukke van 550 mm en 200 mm • 150 mm x 13 mm-tappen • elektriese koord • ligsok en gloeilamp • kragprop

Begin 3 cm van die een ent van die 550 mm-gordynstok af en maak dan vier eweredig gespasieer­de merke. Boor ’n gat van minstens 10 mm regdeur die stok by elke merk. Boor ook ’n 13 mm-gat (dié slag net halfpad deur die hout) sowat 1 cm onder die laaste 10 mm-gat. Boor nog ’n 13 mm-gat halfpad deur die hout in die middel van die korter stok. Gebruik Alcolin Fast Set Wood Glue en lym die 13 mm-tappen tussen die kort en die lang stok vas. Ryg die elektriese koord deur die 10 mm-gate, heg die sok en lamp aan die een punt en die kragprop aan die ander punt – en laat daar lig wees!

Besoek

ALCOLIN

vir produkinli­gting of skakel die Sticky Questions-hulplyn tolvry by 0800 222 400 vir raad.

 ??  ?? KONTAK www.alcolin.com Ons beantwoord nog vrae op Met die waterbeper­kings in volle gang, wonder ons of dit moontlik is om ons toilet aan te pas sodat dit minder water gebruik. Ons water kom direk van die hoofwaterl­yn, wat beteken ons gebruik sowat 11...
KONTAK www.alcolin.com Ons beantwoord nog vrae op Met die waterbeper­kings in volle gang, wonder ons of dit moontlik is om ons toilet aan te pas sodat dit minder water gebruik. Ons water kom direk van die hoofwaterl­yn, wat beteken ons gebruik sowat 11...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa