Tuis

Die regte tyd om te groet

-

Maart is ’n goeie tyd om te kyk hoe dit met jou rose gaan en te bepaal hoekom sekere plante beter as ander gevaar het. Jy belê baie tyd en geld (in die vorm van bemesting en water) in jou tuin, daarom maak dit nie sin om rose wat teleurstel­lende vertonings lewer, te behou nie. Kyk uit vir die volgende ... • Rose wat nie gedy nie, veral as dit net een struik is wat sukkel terwyl die ander rondom hom goed vaar. • Kultivars wat meer vatbaar is vir swartvlek of poeierskim­mel en maklik hul blare afgooi. • Rose wat nie gou weer blomme dra nie en minder blomme lewer. • Spigtige of dun, puntige groei wat minder groeikrag toon as ander rose in die tuin. Dis dikwels ouer kultivars of net eenvoudig ouer plante wat verby hul fleur is! Skakel ander moontlike oorsake uit Voor jy besluit om rose te vervang, maak seker daar is nie ’n ander oorsaak wat hul groei belemmer nie. As die rose heel voor of agter in ’n bedding staan, kry hulle dalk nie genoeg water nie. Spit die bedding om en gaan die grond na. Wortelmede­dinging van nabye plante, of sproeiers wat nie die plant bereik nie, kan ook ’n probleem wees.

Waar daar mededingin­g is, grawe die rose uit, plant hulle in plastiekpo­tte en begrawe hulle weer op dieselfde plek sodat die rand van die pot net-net uitsteek. Indien water die probleem is, voeg nog sproeiers by of skuif die bestaande sproeiers na ’n geskikter plek. Wat jy kan doen... So mooi soos hulle ook al is, kan ouer kultivars minder lewenskrag­tig, blomryk of siektebest­and wees as nuweres, byvoorbeel­d dié in die Eco Chic-reeks, soos ‘Perfume Passion’.

Maart is ’n uitstekend­e tyd om nuwe rose te plant. Die wortels vestig hulle goed in die winter omdat hulle nie onder druk is om nuwe blare te voed nie, en in die lente sal dit soos ’n jaar oue roos vertoon. Snoei die rose liggies in Julie indien nodig.

As die rose wat jy uithaal ouer as vyf jaar is, moet die grond vervang word (sien vraag 1 hierbo).

 ??  ?? ‘Perfume Passion’
‘Perfume Passion’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa