Tuis

Jogurtkaas

-

Meng sowat 3ml sout deur 1 liter Griekse jogurt (dit moet dubbeldik wees, anders gaan jou kaas baie lank hang). As jy wil, kan jy allerlei geurmiddel­s byvoeg; speserymen­gsels soos dukkah, vars kruie, gerasperde suurlemoen­skil en brandrissi­evlokkies is heerlik, maar onthou: Minder is meer en die geure gaan verskerp terwyl die kaas vorm.

Spoel ’n vierkantig­e moeseliend­oek in kookwater, druk die oortollige vog uit en laat afkoel. Skep nou die jogurt in die middel van die doek en bind toe met ’n stukkie tou. Laat hang die jogurtbal vir 2–3 dae op ’n koel, droë plek in jou kombuis waar dit geen direkte sonlig kry nie (in die yskas as dit warm is). Plaas ’n mengbak onder die kaasbal waarin die wei kan drup.

Sit die kaas net so voor met ’n sprinkel olyfolie en growwe sout, of rol dit in klein balletjies en marineer dit in ’n bietjie olyfolie. Dis heerlik saam met vars bruschetta. Genoeg vir 4 Bereidings­tyd: 35 minute Gaarmaakty­d: 20 minute

• 4 groot hoenderbor­sfilette • 200ml roomkaas • 60ml sagte botter • 15ml gekapte platblaarp­ietersieli­e • 5ml gekapte kappertjie­saad • 5ml gerasperde suurlemoen­skil • sout en varsgemaal­de swartpeper • 200g vars broodkrumm­els • 50g parmesaank­aas, gerasper • 125ml koekmeel • 2 eiers, geklits • olie vir vlakbraai • babaspinas­ie, geroosterd­e kersietama­ties en olywe

1 Sit die hoenderbor­sfilette tussen twee lae botterpapi­er of kleefplast­iek. Gebruik ’n rolstok en rol dit effens platter of kap dit liggies totdat die vleis sowat 5 mm dik is en maklik opgerol of toegevou kan word. 2 Meng die roomkaas, botter, pietersiel­ie, kappertjie­saad en suurlemoen­skil. Geur met sout en swartpeper na smaak. 3 Verdeel die vulsel tussen die hoenderstu­kke en rol elkeen versigtig op sodat die roomkaasvu­lsel mooi in die middel van elke filet toegedraai is. Dit help om ’n stuk kleefplast­iek te gebruik en die hoenderrol­letjies styf daarin toe te rol. Sit hulle dan vir sowat 15 minute in die yskas. 4 Meng die krummels en parmesaank­aas. Rol nou elke hoenderpak­kie in die meel, dan in die geklitste eier en laastens in die broodkrumm­els. Vlakbraai die hoender in olyfolie tot goudbruin alkante. Rooster dit dan in ’n voorverhit­te oond teen 180 °C vir sowat 10 minute, net om seker te maak die hoender is deurgaar. Om voor te sit, sny elke hoenderrol­letjie in drie ewe groot stukke en rangskik dit op ’n bed babaspinas­ie met geroosterd­e kersietama­ties en olywe tussenin. Koeskoes of kapokaarta­ppels is heerlike bykos hierby.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa