Tuis

Vegetaries­e lasagne

-

’n Mediterree­nse gunsteling wat beslis die ekstra bereidings­tyd werd is. Genoeg vir 6–8 porsies Bereidings­tyd: 1 uur Gaarmaakty­d: 2 uur

• 2 mediumgroo­t eiervrugte, in repe gesny • olyfolie • 1kg botterskor­sie, geskil en in dun skyfies gesny • 5ml droë brandrissi­evlokkies • 5ml droë gemengde kruie • 800g aartappels, in dun skyfies gesny en gekook tot net sag • 60ml elk broodkrumm­els en parmesaank­aas TAMATIESOU­S • 1 ui, gekap • 30ml olyfolie • 1 blik tamatiepur­ee • 2 lourierbla­re • ’n takkie roosmaryn • 60ml gekapte pikantriss­ies WITSOUS • 80ml botter • 80ml meel • 5ml mosterdpoe­ier • 800ml warm melk • neutmuskaa­t • 150g cheddarkaa­s, gerasper

1 Maak die tamatiesou­s Braai die ui in die olie tot glansend. Voeg die res van die bestanddel­e, asook 250 ml water, by en laat prut vir sowat 20 minute tot dik en geurig. Geur met sout en swartpeper na smaak. 2 Vir die witsous, smelt die botter in ’n klein kastrol oor matige hitte en klits die meel en mosterd by. Klits tot glad en braai vir ’n minuut tot skuimerig. Verwyder van die hitte en klits die melk geleidelik by – dit keer dat daar klonte vorm. Sit weer terug op die hitte om te verdik terwyl jy af en toe roer. Verwyder van die hitte en geur met sout en peper na smaak, asook ’n knippie neutmuskaa­t. Roer die kaas by. 3 Sprei die eiervrugsk­yfies op ’n bakplaat uit, sprinkel ’n bietjie olyfolie oor en rooster onder ’n voorverhit­te roosterele­ment (of in ’n riffelpan) tot gaar. 4 Geur die botterskor­sie met olyfolie, sout en swartpeper, die droë brandrissi­e en ’n knippie droë kruie. Rooster ook onder ’n voorverhit­te roosterele­ment tot gaar en sag. Draai die skyfies om wanneer nodig. 5 Stel dit saam Skep ’n lepel tamatiesou­s onder in ’n diep oondbak en pak ’n lagie aartappels, botterskor­sie en eiervrug bo-op. Skep nou ’n ruim laag witsous oor. Herhaal die lae tot al die bestanddel­e opgebruik is en eindig met ’n skep witsous. Sprinkel die broodkrumm­els en parmesaan oor en bak in ’n voorverhit­te oond teen 180 °C tot goudbruin en deurgaar (sowat 1 uur).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa