Tuis

pakplek Pype + planke =

72 Dié slim pyprak is perfek vir die slaapkamer, badkamer, studeerkam­er, speelkamer... 1a c Besproeiin­gspype se punte het reeds ’n draad. b d

- Deon de Goede Deur Deon de Goede • Foto’s Francois Oberholste­r • Stilering Shelly Bergh

PROJEKGIDS Harde werk 4/10 Vaardighei­dsvlak 3/10 Tyd nodig ± 1–2 uur Maak dit vir net oor R2 000 (pype en toebehore R1 560, hout en -skroewe R400, saaltjies R40, spoorskroe­we en proppe R25) Wat jy nodig het INKOPIELYS

• 80-grint-skuurpapie­r • een vel 18 mm-laaghout, gesaag in: drie 650 x 400 mm-rakke twee 960 x 400 mm-rakke •een pakkie 8 mm x 16 mm spaanderbo­rd skroewe • nege 10 mm x 50 mm-spoorskroe­we • nege 12 mm-nylon-muurproppe • vyftien 32 mm- gegalvanis­eerde saaltjies • die volgende 25 mm- gegalvanis­eerde besproeiin­gspype (gebruik standaardl­engtes waarvan die punte reeds ’n draad het): vyftien 300 mm-lengtes een 900 mm-lengte twee 1 000 mm-lengtes drie 600 mm-lengtes een 450 mm-lengte een 150 mm-lengte nege flense sewe elmboë sewe T-stukke een sok

GEREEDSKAP

• koordlose boor • potlood • hamerboor en 12 mm-boorpunt • waterpompt­ang • soksleutel en 17 mm-sok 1 Maak die linkersy van jou pyprak deur ses 300 mm-pype te verbind met T-stukke; skroef ’n flens aan die onderpunt om die voetstuk te vorm. Skroef nou ’n 1 000 mmpyp dwars in die eerste T-stuk van onder af. Maak die onderste deel van die regtersy deur ’n 300 mm-pyp met ’n T-stuk aan laasgenoem­de 1 000 mm-dwarspyp vas te sit; sit ’n flens onderaan.

2 Voltooi die regtersy deur ’n 1 000 mm- en ’n 150 mm-pyp te verbind deur middel van ’n 25 mm-sok en in die T-stuk van die voetstuk te skroef. Skroef die 450 mm-pyp in die T-stuk bo. Heg ’n 300 mm-pyp met ’n elmboog aan die bopunt van die linker- én die regtersy en eindig met ’n flens. Maak seker jou pyprak is oral haaks voor jy die gate waar die flense teen die muur vasgeskroe­f moet word, merk en die gate vir die muurproppe boor. Skroef nou ’n 600 mm-pyp dwars in die middelste drie T-stukke links; skroef ’n elmboog en ’n 300 mm-pyp met ’n flens op die ander punt van dié pype vas. Dit vorm die middelste rakstutte. Skroef ook ’n 900 mm-pyp in die boonste T-stuk links en eindig weer met ’n elmboog, 300 mm-pyp en flens vir die boonste rak. Vir die klererelin­g, skroef die laaste 300 mm-pyp dwars in die T-stuk regs en rond af met ’n elmboog, 300 mm-pyp en flens. Merk en boor waar elk van die flense teen die muur vaskom. Druk die muurproppe in die gate en skroef die spoorskroe­we met jou soksleutel aan die muur vas.

3 Voltooi jou rak deur die twee 960 x 400 mm-planke op die onderste en boonste dwarsstut aan die pyp te heg met die saaltjies en spaanderbo­rdskroewe (twee saaltjies om die lang pyp en een om die kort pyp). Herhaal met die drie 650 x 400 mmplanke op die middelste stutte. Skuur die hout liggies en verf of vernis dit in die afwerking van jou keuse. Ons het verkies om die hout natuurlik te hou.

 ??  ?? T-stuk Gebruik die waterpompt­ang om die pypdele vas te draai. Flens
T-stuk Gebruik die waterpompt­ang om die pypdele vas te draai. Flens
 ??  ?? 2a Elmboog 3 b Hout en skroewe verskaf deur c Klererelin­g VERSKAFFER­S @home 0860 576 576, home.co.za Cape Boards 021 981 0152, capeboards.co.za Deon de Goede 084 589 5026, deon@diydeon.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Woolworths 0860 022 002, Woolworths.co.za
2a Elmboog 3 b Hout en skroewe verskaf deur c Klererelin­g VERSKAFFER­S @home 0860 576 576, home.co.za Cape Boards 021 981 0152, capeboards.co.za Deon de Goede 084 589 5026, deon@diydeon.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Woolworths 0860 022 002, Woolworths.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa