Tuis

Beplan jy ook ’n nuwe tuin? Hier is Pietman se raad:

-

• Plant grootliks inheems en plante wat natuurlik in jou omgewing voorkom. Inheemse plante kan ook suksesvol met uitheemse plante uit wêrelddele met ’n soortgelyk­e klimaat gekombinee­r word. • Berei die grond goed voor. Veral ná ’n bouprojek is daar gewoonlik sement en bourommel op die werf. Verwyder alles voor jy begin en werk daarna kompos in. Vir ’n nuwe tuin, werk ’n laag van sowat 5–10 cm kompos in jou beddings in. Gooi ook genoeg kompos en beenmeel in al die plantgate voor jy begin plant. • Wanneer jy plante by vriende kry of self steggies maak, kan jou tuin maklik in ’n deurmekaar­spul ontaard. Probeer om groepe van een plant bymekaar te hou, eerder as om dit net rond en bont te plant. Veral grondbedek­kers en meerjarige­s moet gegroepeer word. • Probeer om so gou moontlik die grond te bedek met plante, gruisklipp­ies of ’n deklaag. Dit help veral in ’n nuwe tuin waar groot dele gewoonlik net kaal grond is. Deur dit te bedek, word stof verminder, water bespaar aangesien die grond nie so vinnig uitdroog nie en lyk jou tuin gouer gevestig. • As jy besproeiin­g installeer, kies die regte opsie vir jou tuin. Vra raad voor jy aan die werk spring. • Beplan en begroot ook vir die tuin. Baie mense vergeet om met ’n bouprojek vir die tuin te begroot. Dit is beter om die tuin saam met die huis te beplan – so neem jy beter besluite oor waar die swembad, bome, kuierarea en grasperk gaan kom sodat dit inskakel by die huis. KONTAK Pietman Diener 072 376 5632

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa