Tuis

PRONKSTUK VIR ’N PAASTAFEL

Sappige, veelsydige Suid-Afrikaanse varkvleis is die slim keuse vir elke feesmaal saam met jou geliefdes. Dis bekostigba­ar en maklik om te berei.

-

Stadig geroosterd­e varkboud

Genoeg vir 8 mense (met oorskiet)

• 1 varkboud van 3–3,5kg, ontbeen en vel verwyder • 1 heel ui met 12 naeltjies daarin gesteek • 2 wortels • 5 knoffelhui­sies • sowat 500ml rooi Grapetiser • 250ml vleisaftre­ksel • 15ml meel VULSEL • 150g gruyèrekaa­s, in klein blokkies gesny of grofgerasp­er • 2–3 klein Granny Smith-appels, pitte verwyder en in dun skyfies gesny • 12 gedroogde pruime, ontpit en gekap • 125ml growwe broodkrumm­els • 200g spekblokki­es • 2 takkies tiemie, blaartjies gestroop • 2 lourierbla­re, gekrummel • 5ml fyn wonderpepe­r • 1 duim vars gemmer, geskil en gerasper • ’n skeut olyfolie GLASEERSEL • 125ml ligbruinsu­iker • sowat 200ml kookvloeis­tof • sowat 30ml ligte sojasous • 1 steranys • sowat 15ml donker sojasous 1 Kry die vleis rolgereed: ’n Varkboud is ’n groot stuk vleis en vanweë sy ongewone vorm is dit moeilik om te rol. Sit die vleisstuk velkant na onder op ’n skoon werkblad neer. Gebruik jou oordeel (en ’n baie skerp mes) en sny versigtig tot in die dik dele totdat die vleis soos ’n boek kan oopvou en jy dit makliker kan rol. Werk sy sake met ’n vleishamer as jy wil. Geur met sout en peper en ’n bietjie olyfolie. 2 Meng al die vulselbest­anddele en sprei dit uit oor die binnekant van die vark. Rol nou die vleis om die vulsel. Bind lengtes kombuistou sowat 2 cm uit mekaar om die vleisrol (werk van die middel na die kante). 3 Sit die opgerolde vleisstuk in ’n groot baksak in ’n oondbak en voeg die ui, wortel, knoffel, druiwesap, aftreksel en meel daarby; bind die sak toe en maak hier en daar stoomgaatj­ies met ’n vurk (dit keer dat die sak bars). Voorverhit die oond tot 100 °C en rooster die vark stadig oornag (8–10 uur) tot murgsag. Haal uit die baksakkie (behou die kookvloeis­tof), sny die toutjies los en sit die vleisstuk in ’n skoon oondbak. Maak insnydings oorlangs in die vet. 4 Vir die glaseersel, roer die bruinsuike­r en die kookvloeis­tof uit die baksakkie saam in ’n klein kastrol tot al die suiker opgelos het. Voeg die ligte sojasous en steranys by en laat prut tot die mengsel effens verdik. Geur na smaak met die donker sojasous. Voorverhit die oond tot 180 °C, giet die glaseersel oor die vark en bak tot taai en stroperig – sowat 20 minute. Hou dop en bedruip gereeld; voeg ’n skeut kookvloeis­tof by as dit lyk of die glaseersel onder in die oondbak gaan brand. Laat rus die vleis voor jy dit opsny.

Vra jou slagter om die vleisstuk vir jou te ontbeen en sommer ook om die varkvel mooi in een stuk af te haal en in repe te sny. Met hul vlymskerp messe en vernuf kan hulle dit blitsvinni­g doen en spaar dit jou baie moeite.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa