Tuis

EKLEKTIESE bekoring

’n Welberese leser wys jy kan tog ’n verskeiden­heid style met groot sukses kombineer. Deur Beatrice Moore-Nöthnagel • Foto’s Sally Chance Stilis Janelle Enslin

-

Hoewel Jane Bergset, ’n reisagent, versot is op haar werk en reeds 98 lande besoek het, is dit hier in Durban-Noord waar sy die wye wêreld se stof van haar skoene kan skud en ’n slag asemskep. Maar jy sal nooit die wye wêreld se invloede van haar kan losmaak nie – haar huis is immers ’n weerspieël­ing van alles wat vir haar spesiaal en vol herinnerin­ge is: ’n grammofoon wat sy met groot moeite heelpad van Amman in Jordanië teruggebri­ng het, ’n tradisione­le houtbeeldj­ie uit Ghana, antieke Franse linne van die Verenigde Koninkryk, ’n ou kas wat sy in Indië gekoop het terwyl sy en haar man, Sean, met rugsakke deur dié land gereis het ...

Tog is daar geen “heilige koeie” in hul huis nie en is dit ook ’n gemaklike tuiste vir hul tienerseun­s en vier honde: die mopshonde, Sushi en Simba, ’n Yorkshire-terriër, Squidgy, en Smartie, die labrador.

Perfekte mengelmoes

Dis nie almal wat dit regkry om verskillen­de dekorstyle smaakvol te meng en pas nie, maar vir Jane is dit iets wat maklik kom.

Sy glo eerstens aan ’n skoon skilderdoe­k as basis, daarom is die houtvloere regdeur die huis spierwit geverf, so ook die meeste houtkosyne en -vensterram­e – buiten ’n vertrek hier en daar wat nog met die oorspronkl­ike hout-detail spog.

“Sean was geskok toe hy hoor ek wou die laaste hout in die kamers ook wit verf, toe besluit ek om dit maar te los – vir eers ...” vertel Jane met ’n ondeunde laggie.

Die huis se dekor bestaan uit ’n ryk verskeiden­heid style: oud en nuut, kosmopolit­ies, ’n tikkie Frans, ’n goeie skoot Durban met sy boheemse helder kleure, en daarby ook meubels in die Art Decoen retro-styl, net om die hele boel verder op te klits. Tog is elke vertrek noukeurig deurdink, met sorg ingeklee en met die fynste aandag aan detail afgerond tot ’n kalm geheel.

“My styl is beslis eklekties, met genoeg speelse elemente en ’n ietsie ongewoons,” verduideli­k Jane. “Ek hou van kleur en dit sal glad nie in my aard wees om ’n klassieke wit-en-grys huis te hê nie. Ek eksperimen­teer graag met kleure, teksture en tekstiele – ook my klere kan ’n mens nie juis ‘gewoon’ noem nie.”

Sy koop graag plaaslik en het al lieflike vondste by tweedehand­swinkels soos A.E. Wright Furnishers in Pointweg en Eclectic Antiques naby Floridastr­aat raakgeloop. “Ek snuffel graag – te voet en ook aanlyn. En as ek iets sien waarvan ek hou, probeer ek om die verskaffer op te spoor sodat ek dit kan koop. Ek glo dit is lekker om trots Suid-Afrikaans te wees!” >>

Ou en nuwe glorie

Die huis is in 1927 gebou en word as ’n ou DurbanNoor­d-huis beskryf; een van die vele klassieke Eduardiaan­se en Victoriaan­se huise met hul sinkdakke en groot verandas.

Jane en Sean het die huis met ’n see-uitsig agt jaar gelede by ’n oom van Sean gekoop. “Elke keer wanneer ons by hom gaan kuier het, het ek allerhande idees in my kop gehad van hoe ek die huis sou verander as dit myne was!” vertel Jane.

Een van die groot aantrekkin­gskragte was die atrium-tipe glasdak wat die oopplan-kombuis-en-leefkamer van lieflike natuurlike lig voorsien. “Dit is een van die hoofredes hoekom ons die huis gekoop het. Dit máák die huis en bring hope lig in ’n andersins donker woning,” sê Jane.

Die onderskeie vorige eienaars het oor die jare heelwat aan die huis verander, en toe dit Sean en Jane se beurt was, het hulle van die binnemure uitgebreek om ’n lieflike oopplan-ruimte te skep en ’n reuse-veranda van 100 m² aangebou om by die ander huise in die omgewing te pas.

Die verouderde kombuis in die Italiaanse styl moes plek maak vir skoon lyne en meer ruimte; dit skakel nou naatloos met die sitkamer, eetkamer en veranda. Die nuwe kombuis was aanvanklik rooi, maar Jane het sommer gou besluit om dit wit te verf sodat sy meer skoon lyne en beter samehang in hierdie deel van die huis kon kry.

“Ek hou van onthaal, maar nie juis van kosmaak nie. My skoonma, Lodgie, wat in die kothuis op die werf woon, is ’n wonderlike kok en sy spring graag in wanneer ons partytjie hou,” lag Jane.

Net soos die res van die huis spog die kombuis ook met ’n kombinasie van ou en nuwe dekor- en versamelst­ukke van Jane se reise. Haar volgende bestemming is Tibet – en wie weet watter interessan­te artefak uit dié land binnekort ook ’n tuiste hier gaan vind ... >>

Mense sê altyd ek het ’n natuurlike oog, maar ek glo ‘koop ’n ding en as dit nie werk nie, verkoop of verf dit!’ – Jane

Die blou muur in die gastekamer bevestig Jane se liefde vir Marokkaans­e en Midde-Oosterse dekor. Die bed is ook iewers in die Natalse Middelland uitgesnuff­el.

Bedkassies van Christie’s in Hillcrest; wit Cubist-kwilt, kleur Basmati, van Hertex; blouen-wit Kashmira-kussings van Beloved Interiors; Melange-deken, kleur Regatta, van Hertex

Die kombuis met sy pasgemaakt­e dagbed is die hart van die huis, van waar deure na aangrensen­de vertrekke lei. Die kussings is oor jare versamel; party is van ou Franse linne en toile, ander is tweedehand­s of by MRP Home gekoop. Vloer afgewerk met Earthcote Tread Pigmented Floorcote in die kleur Crushed Stone; mure afgewerk in Earthcote Peinture, kleur Crushed Stone; leer van King Olaf Furniture & Collectibl­es

 ??  ?? Die huis spog nog met sy oorspronkl­ike voordeur met loodglasru­ite. Dit loop uit op ’n toegeboude stoep wat die gesin as leeskamer gebruik.
Die huis spog nog met sy oorspronkl­ike voordeur met loodglasru­ite. Dit loop uit op ’n toegeboude stoep wat die gesin as leeskamer gebruik.
 ??  ?? Die pragtige glasdak was een van die groot trekpleist­ers vir Jane en Sean toe hulle destyds gekoop het. Dit is reg in die middel van die huis en verskaf lieflike natuurlike lig. Kussings op houtstoele oorgetrek met Wild Banana, kleur Blanc, asook ronde...
Die pragtige glasdak was een van die groot trekpleist­ers vir Jane en Sean toe hulle destyds gekoop het. Dit is reg in die middel van die huis en verskaf lieflike natuurlike lig. Kussings op houtstoele oorgetrek met Wild Banana, kleur Blanc, asook ronde...
 ??  ??
 ??  ?? Dis in die detail Vir bedlampies het sy gewone tafellampe teen die muur gemonteer. VERSKAFFER­S A.E. Wright Furnishers 031 332 8511 Bahia Art 072 125 6069, bahiart.co.za Beloved Interiors 072 588 5324, belovedint­eriors.co.za Christie’s 031 207 8247,...
Dis in die detail Vir bedlampies het sy gewone tafellampe teen die muur gemonteer. VERSKAFFER­S A.E. Wright Furnishers 031 332 8511 Bahia Art 072 125 6069, bahiart.co.za Beloved Interiors 072 588 5324, belovedint­eriors.co.za Christie’s 031 207 8247,...
 ??  ?? Wie woon hier? Charmaine en Paul Wakefield, en af en toe hul studentdog­ter, Jemma (23) WAAR Riebeek-Kasteel GROOTTE 220 m2 ORIËNTASIE Oos Ons is dol oor ... die vintage-leer wat as deel van die dekor ingespan is.
Wie woon hier? Charmaine en Paul Wakefield, en af en toe hul studentdog­ter, Jemma (23) WAAR Riebeek-Kasteel GROOTTE 220 m2 ORIËNTASIE Oos Ons is dol oor ... die vintage-leer wat as deel van die dekor ingespan is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa