Tuis

Niks vaal of vervelig nie

-

Vir Gerhardt en Kosie is elke meubelstuk spesiaal, dikwels met ’n eie storie. Party is geërf, ander kom van antiekwink­els of is vir ’n appel en ’n ei by sloopwerwe gekry.

“Die teekas in die sitkamer het ’n skamele R400 gekos. Baiekeer kry ons ook meubels goedkoop in die hande, maar dis dalk met ietwat vreemde materiaal oorgetrek; dan stoffeer ons dit in iets wat meer sosiaal aanvaarbaa­r is.”

Hul kreatiewe oog sien potensiaal wat ander sou miskyk. In een van die gastekamer­s (oorkant bo) dien ’n vensterraa­m uit die oorspronkl­ike Pretoria Hotel byvoorbeel­d as kopstuk. Gerhardt en Kosie het dit by Independen­t Traders Unlimited opgeraap en met metaalvers­terkings aan die muur vasgesit. En in die hoofslaapk­amer bestaan die “kopstuk’’ uit kettings wat altesaam 70 kg weeg. Gerhardt het dit gemaak en opgehang terwyl Kosie weg was by ’n kongres “sodat hy nie beswaar kon aanteken nie”.

Die projek wat op die oomblik die manne se oë laat blink, is die gastekamer met sy Mexikaanse tema (volgende bladsy). Dit het begin met ’n helderrooi krale-kandelaber wat hulle by ’n Weylandtsu­itverkopin­g raakgeloop het. “Ons wou die Mexikaanse invloed meng met die tropiese styl wat nou so gewild is in dekor,” verduideli­k Kosie.

Ander versamelgo­ed het bygekom, soos verskeie afbeelding­s van Moeder Maria in ware Mexikaanse styl. “Die voorkoms van die vertrek is losweg geïnspiree­r deur die kunstenaar Penny Siopis en die Durbanse dekorwinke­l Shoppe,” vertel Gerhardt. “Die Mariabeeld het ek by my ma gekry. Ek was bang sy onterf my oor ek dit geverf het, maar toe sy dit sien, het sy hare ook met verf bygedam!” vertel hy laggend.

Vir dié twee is die lewe heeltemal te kort om stil, vervelig of vaal deur te bring. >>

 ??  ?? Muur geverf in Earthcote se Sand Paint in die kleur Dungbeatle
Muur geverf in Earthcote se Sand Paint in die kleur Dungbeatle

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa