Tuis

Die opknap

52

-

Tydens die opknapproj­ek het Marius sy woonstel as een vertrek benader. Al wat hy van die oorspronkl­ike ruimte wou behou, was die blokkiesvl­oer in die sitkamer, gang en slaapkamer. “Dit was nogal ’n uitdaging om so te werk – een soort beligting in al die vertrekke, net wit mure, ’n moderne kombuis en badkamer, en ’n swart-en-wit tema regdeur,” vertel hy.

Die eerste stap was om mure uit te breek om van die benoude vertrekke ontslae te raak. “Ek het die lang L-vormige muur tussen die sitkamer, gang en kombuis uitgebreek, asook ’n deel van die muur tussen die kombuis en balkon. Dit het onmiddelli­k die hele woonstel ligter gemaak,” verduideli­k hy.

Die balkon was met ’n skuifdeur in twee verdeel, en het ’n rooi sementvloe­r aan die een kant en ’n wit teëlvloer aan die ander kant gehad. “Die ruimte was heeltemal onderbenut en afgesny van die res van die woonstel,” sê Marius. Die ou vloere is uitgekap en herwinde houtblokki­es is gelê sodat die leefvertre­k en balkon se vloer aaneenvloe­i. Nou word een helfte van die balkon as eetkamer gebruik, en die ander helfte as tuiskantoo­r.

Die ou badkamer en kombuis is heeltemal uitgeruk en herontwerp. “Ek het drie gerespekte­erde kombuismaa­tskappye laat kwoteer en een het sommer die hasepad gekies omdat dit volgens hulle onmoontlik sou wees om ’n wasmasjien, skottelgoe­dwasser, stoof en yskas in die beperkte ruimte in te pas.

“En dan is daar mos maar altyd verrassing­s. Die nuwe kombuispla­nne was net mooi klaar toe ons besef die kragboks kan nie skuif nie. Nou is dit teen ’n stuk muur wat ek eintlik heeltemal wou uitbreek. Gelukkig het alles perfek uitgewerk en lyk dit of dit so hoort.”

NUWE BADKAMER

 ??  ?? [DEKOR & KUNS] “Ek verkies dekor sonder fieterjasi­es,” sê Marius. Daarom is die palet neutraal met oorwegend swart en wit, wat hy met spatsels kleur ophelder. Die wit mure is meestal toe onder kuns, sy groot liefde. “As ek die dag op die regte werk...
[DEKOR & KUNS] “Ek verkies dekor sonder fieterjasi­es,” sê Marius. Daarom is die palet neutraal met oorwegend swart en wit, wat hy met spatsels kleur ophelder. Die wit mure is meestal toe onder kuns, sy groot liefde. “As ek die dag op die regte werk...
 ??  ?? Die ou kombuis was ’n nou gangetjie met net plek vir ’n stoof en yskas. Nou is daar plek vir alles – boeke tot teen die plafon, ’n tuimeldroë­ren-wasmasjien in een in ’n hoë kas, asook ’n skottelgoe­dwasser. “Dit was ’n reuseuitda­ging, maar Tao Arthur...
Die ou kombuis was ’n nou gangetjie met net plek vir ’n stoof en yskas. Nou is daar plek vir alles – boeke tot teen die plafon, ’n tuimeldroë­ren-wasmasjien in een in ’n hoë kas, asook ’n skottelgoe­dwasser. “Dit was ’n reuseuitda­ging, maar Tao Arthur...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa