Tuis

Dekordilem­ma Die probleem

Die braaikamer is sowat 30m² groot en toegebou met glas. 80 4 Herstoffee­r en voeg tekstuur by 5 Met liefde

-

Sania Hagen-Houndsome van die Paarl skryf Ons braaikamer is die gesin se gunsteling-kuierplek. Dit het al goeie tye, heerlike kuiers, hartseer en trane gesien. Gewapen met my het ek reeds heelparty takies in die huis aangepak, maar die braaikamer was altyd my man se gebied. Hy is drie en ’n half jaar gelede met kanker gediagnose­er en is ná ’n kort siekbed oorlede. Ons was in die braaikamer toe ons die oproep met sy diagnose kry; ons het saam daar gehuil, en hy het amper tot die einde daar op die bank gelê. Ek gaan sit nou nog daar wanneer ek alleen ’n traan wil stort. Al is ek nou op my eie, braai ek nog elke naweek.

Lang storie kort: Ek dink ek is gereed om “my” stempel op “ons” braaikamer af te druk. Het julle dalk ’n paar idees? Kan ek byvoorbeel­d die rietplafon wit verf? Ek is nie een vir die kontemporê­re styl nie en verkies iets tussen ’n plaas- en strandhuis. Ek hou van eenvoud en natuurlike kleure. Ek is ook lief vir die buitelewe, so dit sou wonderlik wees as daar vloei tussen die braaikamer en die tuin is. Wat stel julle voor?

Dis belangrik om te keer dat ’n braaikamer ontaard in ’n stortterre­in vir die goed wat jy nie meer nodig het nie. Verwyder alles wat die ontspanne gevoel bederf; oorweeg dit om ’n kas te laat inbou waarin jy los artikels agter toe deure kan wegsteek. Hier is nog bekostigba­re voorstelle om ’n knus toevlug te skep waarin jy nuwe herinnerin­ge kan bou:

’n Laag verf bly maar die maklikste en bekostigba­arste manier om ’n plek nuwe lewe te gee. Ek stel voor jy kies ’n kleurpalet wat jou liefde vir die buitelug weerspieël. Grys, blou en ’n ligte saliegroen sal ’n kalm kleurskema skep wat jy dan kan opkikker met kontraster­ende aksente soos geel strooikuss­ings, of selfs ’n bos geel blomme uit jou tuin.

Verf die ontblote bakstene ’n ligte duifgrys en die kaste wit of naaswit om warmte aan die ruimte te gee. Dié wit kan jy dan herhaal op die rietplafon (sien kassie regs vir aanwysings). Los die houtbalke natuurlik of verf dit ook grys soos die mure.

Maak tuin net buite die skuifdeur sodat jy ’n uitsig op geil lower en jou en jou oorlede man se gunsteling­blomme kan hê. Oorweeg ook huisplante binne-in die braaikamer om die voorkoms van die plafon en bakstene te versag; plante wat sal floreer in so ’n omgewing sluit die mot-orgidee, vredes-lelie en geelbamboe­s-palm in. Voeg ’n paar hangmandji­es of meer kontemporê­re planthouer­s by en druk jou vroulike stempel af met vars blomme af en toe op die koffietafe­l.

Vrolik jou vierkantig­e eettafel op met ’n laptafeldo­ek en oorweeg kafeestyl-stoele daarby – dis in allerlei kleure te kry. Installeer ook ’n hanglamp direk oor die tafel.

Gee die ou rusbank ’n nuwe voorkoms: Laat stoffeer dit met treffende gestreepte lap, of laat ’n los oortreksel en strooikuss­ings op maat daarvoor maak. Vul dit aan met ’n paar vloerkussi­ngs of ottomans vir informele sitplek.

Hou ’n mandjie byderhand met snoesige dekens vir wanneer jy op die bank wil opkrul met ’n boek. Mandjies verskaf tekstuur en kan ook gebruik word om dennebolle en brandhout in te bêre. Soortgelyk­e mandjies onder die koffietafe­l kan praktiese bêreplek bied vir boeke en tydskrifte.

Jy kan die vensters afrond met moderne blindings, met deursigtig­e gordyne bo-oor vir ’n tikkie vroulikhei­d – maar onthou dat jy dié gereeld sal moet was om die rookreuk uit te kry!

Anker die sit-area met ’n mat van sowat 160 x 230 cm – growwe natuurlike vesels soos goiing sal die mandjies onder die vuurherd komplement­eer.

Ter nagedagten­is aan jou man kan jy ’n skinkbord met pragtige geur-kerse op die koffietafe­l neersit sodat vriende en familie een kan aansteek wanneer hulle so voel. Kombineer dit met vars blomme of van sy hartsgoed.

Daar is reeds foto’s bo die braai, maar ek stel voor jy gebruik rame van natuurlike of verweerde hout om gesinsfoto’s of jou man se oulikste sêgoed uit te stal. Groepeer die foto’s saam en gebruik die negatiewe ruimte (die ruimte tussen die rame) om die perfekte balans te skep.

Verf ’n rietplafon

Don McWilliam van WeatherPru­fe Paints (021 556 4200, weatherpru­fe.co.za) het die volgende raad: Omdat ’n rietplafon ’n ongelyk oppervlak is, sal dit moeilik en arbeidsint­ensief wees om dit te verf. Gesels dalk eers met ’n kontrakteu­r wat waterbasis­verwe aanspuit, of oorweeg ’n produk soos Rust-Oleum se High Heat Ultra Spray Paint. Anders kan jy ’n groot, growwe kwas gebruik om die verf tussen die riete in te werk.

 ??  ?? DIE RUIMTE Tuis 1 Verf 2 Groenighei­d 3 Meubels DIE OPLOSSINGD­ie stilis en fotograaf Margaux Tait (mylifestyl­ed.co.za) antwoord
DIE RUIMTE Tuis 1 Verf 2 Groenighei­d 3 Meubels DIE OPLOSSINGD­ie stilis en fotograaf Margaux Tait (mylifestyl­ed.co.za) antwoord

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa