Tuis

Hergebruik!

-

Hanniki sê sy versamel als wat mooi is, soos dié draadhasie! Plantjies wat tussen die klippies opkom, los sy net so. “Ek kan hulle nie uittrek nie,” sê sy. Hanniki vertel sy vind altyd ’n gaatjie vir goed wat ander mense sou weggooi, of gee ougoed ’n nuwe lewe. “Dis prettig en maak die tuin interessan­t deur sogenaamde nuttelose artikels nut te gee of op ’n manier in te span wat ’n bietjie anders is. Dit skep ’n wonderlike fokuspunt en vang altyd die oog!”

Een so ’n element is ’n ou stootwaent­jie (oorkant) waarop haar eertydse teetuin se uithangbor­d gestaan het. “Vandag staan dit in my tuin met ’n pienk bababad waarin ek van my gunsteling-eenjariges plant.

“Wat wel belangrik is, is dit wat jy saam met so ’n element gebruik. Dit sou byvoorbeel­d glad nie gewerk het as ek my ou kruiwa langs die stootwaent­jie neergesit het nie. Twee sulke elemente sal die ‘uitstallin­g’ bederf.”

Ander artikels wat ’n tweede lewe in haar tuin gekry het, is mooi ysterstoel­e (al is dit die sitplek kwyt) en ’n fiets wat lankal nie meer ry nie.

“Vroeër was ek ontsteld as ’n koppie of bord gebreek of gekraak het, maar vandag besef ek jy kan altyd weer iets daarmee doen. Omdat al my kennisse weet ek drink graag tee uit ’n mooi porseleink­oppie, kry ek dikwels koppies present. Dié wat gekraak is, hang ek in bome op, bind ek aan ’n ou ysterkatel in die tuin vas of stal ek op my sementtafe­l uit. Een van my grootste probleme is dat ek glo ‘meer is meer’. Ek vind altyd ’n plek daarvoor! Om ’n teekoppie nog meer ‘op te dollie’ plant ek ’n eenjarige plantjie daarin. Gee dan net bietjie-bietjie water, aangesien dit nie ’n dreinering­sgaatjie het nie.”

 ??  ?? Die pienk ysterstoel is net die plek om ’n potplant staan te maak!
Die pienk ysterstoel is net die plek om ’n potplant staan te maak!
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa