Tuis

Gevallestu­die

-

#2

Die geluk was aan hul kant toe Simon en Paula Riley van Kaapstad vyf jaar gelede huis gekoop het: Die vorige eienaar was ’n landskapar­gitek, daarom was die tuin in ’n goeie toestand en die ontwerp was min of meer voltooi.

Ongelukkig het die grasperk, ’n kombinasie van kikoejoe en buffelsgra­s, probleme veroorsaak in die winter, veral omdat die bome heelwat skaduwee gooi. Weens die waterbeper­kings sou die gras ook gou verbruin en moontlik gevrek het. Dis hoekom hulle kort voor Kersfees 2016 besluit het om kunsgras te laat installeer.

“Ons het ’n klomp gaste oor die feestyd verwag en wou hê die tuin, wat ’n gewilde kuier-area is, moet op sy beste lyk,” sê Simon.

Omdat hulle effens onseker was oor die proses, het hulle die agtertuin eerste aangepak. “Daardie deel van die tuin is baie privaat; as die resultate nie na wense was nie, sou dit nie ’n ramp wees nie,” vertel Simon.

Hoewel die paartjie kwotasies by verskeie installeer­ders gekry het, sê hulle die profession­aliteit van Perfect Grass en die persoonlik­e aandag wat hulle by dié firma gekry het, het die deurslag gegee.

Buiten die uithaal van die ou gras was daar nie veel ander werk nodig nie. Die trapklippe van die voorhek na die voordeur was reeds daar, en die Rileys kon eenvoudig die gras daarrondom laat lê.

“Ons het ’n langer grassoort met verskillen­de skakerings gekies sodat dit so natuurlik moontlik lyk,” sê Simon.

Noudat hulle minder tyd aan onderhoud hoef te spandeer, kan die Rileys die ruimte soveel meer geniet. “Ons is dol oor die moeitevrye tuin – ons hoef ons glad nie te bekommer oor natmaak, snoei of bemes nie. Die grassnyer staan en gaar stof op in die garage en ons gebruik net ’n tuinsuier om die blare wat op die gras beland, op te tel,” verduideli­k Simon. • Kunsgras kan gewoonlik binne ’n dag geïnstalle­er word. Die grond word voorberei met ’n sandgruisb­asis, asook ’n onkruidlaa­g wat nie saad deurlaat nie. Sodra die gras gelê is, word dit bedek met ’n silikasand-vulsel vir stabilitei­t. Om te keer dat die rande oplig, kan dit aan ’n sementomra­nding vasgegom word. Op ’n soliede basis word die hele area daaraan vasgegom. • Wat installasi­ekoste betref, maak die koste van die gras self maar omtrent 10% van die rekening uit. Die verwyderin­g van bestaande gras en grond waar die kitsgras gelê gaan word, voorbereid­ing van ’n gruisbasis, lê van ’n onkruidmat, asook ’n laag silikavull­er bo-oor maak dit ’n taamlik duur belegging – maar op die lang duur spaar jy op die onderhoud van ’n regte grasperk. Die koste kan van een plek tot ’n volgende verskil en die beste is om ’n kwotasie vir jou eie behoeftes te kry. • Kunsgras kan nie bo-oor natuurlike gras gelê word nie, want wanneer dié gras vrek, sal die oppervlak ongelyk wees. • Waarborge wissel van vyf tot agt jaar, maar by ’n woonhuis kan dit tot 15 jaar lank hou. • Jy kan troeteldie­re se bolle soos gewoonlik optel en die area daarna met water afspuit vir higiëne. • Kunsgras is ekovriende­lik omdat dit geen giftige plaagdoder­s nodig het wat grondwater kan besoedel nie. Sommige word selfs gemaak van herwinde plastiekbo­ttels. • Net soos ’n houtdek of stoep kan die gras warm raak in direkte sonlig. In die somer kan jy water sprinkel, wat die sandlaag koel hou en die gras se temperatuu­r verlaag. Wenk Hou ’n afvalstukk­ie van die gras wat jy laat lê vir ingeval jy later enige skade moet herstel.

 ??  ?? Die tuin lyk nou geil en groen; die labrador-hondjie Riley kan nie gate in die gras grawe nie en dis ook baie maklik om haar bolle op te tel.
Die tuin lyk nou geil en groen; die labrador-hondjie Riley kan nie gate in die gras grawe nie en dis ook baie maklik om haar bolle op te tel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa