Tuis

Spek-en-hoenderpas­tei

-

Pleks van ’n deegdop kry dié pastei ’n spekbolaag en heel eiers binne-in. Die pastei is lekker vir ontbyt, laat-ontbyt, middag- óf aandete. Genoeg vir 1 formidabel­e pastei Bereidings­tyd: 45 minute Gaarmaakty­d: 1 uur Oondtemper­atuur: 200°C

• 1,2kg hoenderstu­kke (minstens 2 borsies) • 15ml olie • 2 mediumgroo­t wortels, geskil en gekap • 2 selderysti­ngels, gekap • 2 lourierbla­re • 500–750ml aftreksel • 30ml botter • 250g sampioene, skoongevee en gekap • 3 preie, gekap • 30ml meel • 250ml room • 400g spinasie, geblansjee­r en gekap • 5ml gerasperde suurlemoen­skil • 125ml gekapte platblaarp­ietersieli­e • ’n knippie neutmuskaa­t • 400g blaardeeg • 9 saggekookt­e eiers, afgedop • 400g spekrepe • sowat 15–30ml soet rissiesous (opsioneel)

1 Braai die hoenderstu­kke bruin in die olie. Skep dit dan in ’n pot met die wortels, seldery, lourierbla­re en aftreksel. Bring tot kookpunt en laat prut rustig vir sowat 25 minute tot gaar. Dreineer (behou die aftreksel), laat effens afkoel en pluis. Gooi die vel en been weg. 2 Skep die botter in dieselfde pan waarin die hoender gebraai is en braai die sampioene en preie tot gaar en geurig. Geur met sout en varsgemaal­de swartpeper en roer die meel by. Braai vir ’n minuut. Klits nou die room en 250 ml van die behoue aftreksel by en laat prut tot verdik. Roer die spinasie, suurlemoen­skil, pietersiel­ie en neutmuskaa­t by en laat afkoel. Roer die hoender by. 3 Voorverhit die oond. Voer ’n diep vierkantig­e koekpan (23 cm) uit met die blaardeeg (rol dit effens dunner indien nodig). Plaas ’n vel bakpapier op die deeg, skep droë boontjies bo-op en bak blind vir sowat 25 minute. Verwyder die bakpapier en boontjies en bak vir nog ’n paar minute tot lekker bruin – so verseker jy ’n bros kors. 4 Skep die hoendervul­sel in die deegdop en rangskik die eiers tussen-in as verrassing wanneer jy die pastei sny. Weef nou die spekrepe in ’n stywe ruitpatroo­n (sien foto op bl. 111) en sit dit bo-op die pastei; vou dit oor die vulsel en om die rande in eerder as om enige spek wat oorsteek, af te sny. Die spek gaan krimp terwyl die tert bak, daarom moet dit aanvanklik groter wees. 5 Verf die soet rissiesous oor die spek en bak die pastei vir sowat 25 minute of tot die spek mooi bruin en die pastei deurwarm en gaar is. Sit dadelik voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa