Tuis

Dié idilliese wegbreekpl­ek op Ladismith is salf vir die siel

Dié paartjie wou die stadsgejaa­g ontsnap en het vrede gevind in ’n plaashuis vol hartsgoed.

- Deur Kim Bougaardt • Foto’s Francois Oberholste­r

Die rit teen die steil, kronkelend­e grondpad uit na die Prins-huis is dubbel en dwars die moeite werd. Die uitsig is iets om te aanskou!

Want van hier, op die koppie by Jurie en Carina se idilliese wegbreekpl­ek op Ladismith, sien jy die ganse vallei en plaas daaronder. G’n wonder dit heet “Sielsrus” nie – dis voorwaar salf vir die siel.

Die paartjie is van die Paarl, maar omdat hulle albei op ’n plaas grootgewor­d het, het hulle lank gesoek na ’n stuk grond waar hulle ’n boerdery aan die gang kon kry; hulle het verlang na die plaaslewe.

Sowat ’n jaar gelede het Jurie en Carina op dié eiendom afgekom, en dadelik geweet die soektog is verby. Einde 2016 het Carina die hele Desember in die Klein-Karoo deurgebrin­g by hul seun, Jurgen, wat nou die plaas bestuur; terwyl sy in die pakhuis gehelp het om die oes gereed te kry vir die mark, het sy ook die opknap van die huis aangepak. En sy moes teen die tyd werk – daar was gaste vir Kersfees op pad! >>

Veranderin­gs Die sjarmante Kaaps-Hollandse huis is kompak, maar het al die geriewe wat ’n moderne gesin nodig het. Jurie en Carina probeer minstens een keer per maand inloer om na sake om te sien en die gejaagde stadslewe te ontsnap.

Die oopplanhui­s het maklike vloei tussen binne en buite – ’n kuiergees se droom. Hoewel Carina en Jurie albei deel van die kreatiewe proses was, was dit Carina wat die grootste deel van die bouprojek bestuur het, terwyl plaaslike bouers dag en nag gewerk het om die kombuis op te knap. Hulle het ook nuwe slaapkamer­deure gehang, die heerlike plonspoel gebou en ’n rietdak oor die voorstoep gebou.

Leef buitentoe

Daar is min verander aan die buitekant van die huis sodat dit nie aandag van die uitsig aftrek nie. ’n Rietdak bo die stoep bied beskerming teen die elemente sodat die gesin die rustige omgewing ten volle kan geniet.

Die nuwe plonspoel, wat baie aan ’n plaasdam herinner, is perfek vir die omgewing – dis die ideale plek om ’n taai werksdag se stres af te skud of in die warm somermaand­e af te koel.

Trouens, die gesin benut die buite-area ten volle, of hulle nou die sonsopkoms oor die berge van die stoep af beskou, of die dag afsluit met ’n gesellige braai. Hulle probeer so min elektrisit­eit moontlik gebruik en die olielampe en kerse verleen net ekstra sjarme aan die huis.

Die Klein-Karoo en sy mense het in ’n baie kort tydperk diep in hul harte gekruip. Die lewe is goed vir die Prinse.

 ??  ?? Die kombuis het ’n rustieke gevoel. Ontblote koperpype, onverseëld­e beton-kaseenhede met gevlegte bêremandji­es en afgeskuurd­e steierplan­ke as blaaie is alles pure plaas!
Die kombuis het ’n rustieke gevoel. Ontblote koperpype, onverseëld­e beton-kaseenhede met gevlegte bêremandji­es en afgeskuurd­e steierplan­ke as blaaie is alles pure plaas!
 ??  ??
 ??  ?? Wie woon hier?
WAAR GROOTTE
Wie woon hier? WAAR GROOTTE
 ??  ?? 42
42
 ??  ?? Paletplank­e is hergebruik vir hortjies (regs); die paartjie gebruik graag plaaslik verkrygde materiaal om hul koolstofsp­oor klein te hou. Die dagbed (onder) is ’n heerlike plek om die uitsig te geniet.
Paletplank­e is hergebruik vir hortjies (regs); die paartjie gebruik graag plaaslik verkrygde materiaal om hul koolstofsp­oor klein te hou. Die dagbed (onder) is ’n heerlike plek om die uitsig te geniet.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa