Tuis

Stadsjapie­s se platteland­se toevlug op Caledon

Die Koe’elenber’s het sewe jaar lank na die re’te platteland­se huis ’esoek, min wetend dat dit al vyf jaar lank op Caledon vir hulle wa’.

- Deur Marian van Wyk Foto’s Francois Oberholste­r

“Alles is lekker by ons huis, en as ons die slag weggaan, verlang ons gou weer terug soontoe.”

So vertel Martie Koegelenbe­rg oor hul sjarmante huis op ’n kleinhoewe in die Overberg.

Maar hoe die huis nou lyk, is nie dieselfde prentjie wat hulle ingewag het toe sy en Gert die eiendom die eerste keer, in 2007, gesien het nie. Die plek was verwaarloo­s en die prys ver bo hul vuurmaakpl­ek – hulle het nie eens by die hek ingery nie.

Die Koegelenbe­rgs het destyds in Houtbaai gewoon. “Ons het vir ons dogter, Annieke, belowe sy kan ’n perd kry as sy 12 is, en ons tyd het begin uitloop,” vertel Martie, ’n DA-raadslid op Caledon. “Ons het sewe jaar lank na die regte plek op die platteland gesoek, en elke naweek dorpie-hopping gedoen!”

Gert, ’n elektriese kontrakteu­r, onthou: “Ek het ’n kaart gevat en met ’n passer sirkels van 50 km elk in ’n radius van 200 km van Kaapstad af getrek om die ideale dorp te kry.”

Caledon was egter nie op die lys nie, hoewel dit net 112 km van die stad is. Maar toe bel ’n agent ’n jaar later oor ’n 1,1 ha-hoewe wat reeds drie jaar in die mark is – nogal die einste een waar hulle voor die hek omgedraai het. “Die terrein was baie verwaarloo­s en die stoep vervalle. Van buitegebou­e was hier nie sprake nie, buiten ’n half reggemaakt­e waenhuis, en ons moes vier keer deur die leë huis stap net om te probeer uitwerk watter vertrek wat is.”

Nietemin het die plek Martie se hart warm – en baie vinnig ook – laat klop. “Ek onthou hoe ek in die middel van die sitkamervl­oer moes gaan sit net om tot bedaring te kom. Die prys was báie meer as wat ons kon bymekaarsk­raap. Ons huis in Houtbaai was boonop pas klaar opgeknap. Die hele pad terug het ek en Gert nie ’n dooie woord met mekaar gepraat nie!”

Maar toe doen hulle ’n aanbod wat Martie beskryf as “belaglik laag; bitter min”. En toe gebeur dinge binne twee weke. Hul aanbod is aanvaar en hul Houtbaai-huis is op sy eerste skoudag verkoop. “Vandag, tien jaar later, het ons lewens ’n heel ander rigting ingeslaan,” vertel Gert. Waar hy nog vir hul eerste drie jaar op Caledon sy elektriese ondernemin­g in Houtbaai gehad het, is al sy werk nou in die Overberg, en werk Martie voltyds as raadslid.

“Dis hoekom ons die huis Genade gedoop het,” sê Martie. “Want een ding wat soos ’n paal bo water staan, is dat ons nie vir Genade gekry het nie, Genade het vir ons gekry.

“Nou is dit ’n plek waar vriende en familie gereeld móét bymekaarko­m vir oordadige kuiers. Sodra moeë stadsmense hul tasse neersit, word die wynglase vol geskink en slaak hulle ’n sug van verligting – en dan weet ek en Gert dit was bestem dat die huis se vertrekke vol musiek en lag moet wees.” >>

 ??  ?? Dié kassie was Gert se oupa Gert Andries Aggenbach se gereedskap­kassie wat hy van ou paraffienk­iste gemaak het. Die ou spieël is jare terug in Houtbaai gekoop.
Dié kassie was Gert se oupa Gert Andries Aggenbach se gereedskap­kassie wat hy van ou paraffienk­iste gemaak het. Die ou spieël is jare terug in Houtbaai gekoop.
 ??  ??
 ??  ?? 20
20
 ??  ?? Die oorspronkl­ike voordeur (regs) en sy koperbykom­stighede doen steeds diens by Genade. Ongelukkig was die loodglasve­nsters beskadig en nie meer die oorspronkl­ikes nie, daarom het Martie nuwes in die regte styl laat maak by Rudi Gort van Hero Stained...
Die oorspronkl­ike voordeur (regs) en sy koperbykom­stighede doen steeds diens by Genade. Ongelukkig was die loodglasve­nsters beskadig en nie meer die oorspronkl­ikes nie, daarom het Martie nuwes in die regte styl laat maak by Rudi Gort van Hero Stained...
 ??  ?? Teen die eetkamermu­ur hang ’n antieke stoel met ’n portret van Martie se grootjies so ses geslagte terug, en ’n pop wat haar ma, Annatjie Kennedy, as agtjarige gemaak het. Die stoel het hulle op Komaggas in Namakwalan­d gekry.
Teen die eetkamermu­ur hang ’n antieke stoel met ’n portret van Martie se grootjies so ses geslagte terug, en ’n pop wat haar ma, Annatjie Kennedy, as agtjarige gemaak het. Die stoel het hulle op Komaggas in Namakwalan­d gekry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa