Tuis

Helder kleur en vintage-patrone in harmonie langs die Helshoogte-pas

Talle reise was die inspirasie vir dié eklektiese huis waar helder kleure en vintage-meubels gesellig saambly.

- Deur Marian van Wyk en Kim Arendse • Foto’s Henrique Wilding • Stilering Marian van Wyk • Dekorassis­tent Suné Esterhuize­n

Katie Farringer en Jan Schliemann het 15 jaar gelede dié ruim, rustige huis in ’n weggesteek­te hoekie langs die Helshoogte­pas gekoop.

Dis wel nie ver van die dorp af nie, maar hier teen die hange van die Stellenbos­se berge kan die gesin ontspan – en die vrede en stilte van die omgewing geniet.

Katie, ’n boorling van die Verenigde State, is ’n gesoute reisiger en het heelwat van die wêreld se groot stede saam met haar ouers gesien voor die gesin hulle jare gelede, toe sy nog ’n tiener was, in Suid-Afrika kom vestig het.

Haar liefde vir uitheemse, eksotiese plekke en hul helder kleure en teksture is regdeur die huis sigbaar. As ’n voltydse skilder het dié reise nie net haar kunswerke geïnspiree­r nie, maar ook die eklektiese dekor in elke vertrek, wat elkeen klaarblykl­ik ’n ander era of bestemming weerspieël.

“Ek is passievol oor kleur en unieke items. Ook verskillen­de style – van retro so reg uit die 1970’s tot Victoriaan­s en Oosters, alles vind aanklank by my. Die eindresult­aat is soms ’n mengelmoes van kleure en ontwerpe, maar dis ongetwyfel­d ek.

“My huis verander heeltyd. Ek skuif gedurig dinge rond en kies nuwe muurkleure; op die oomblik hou ek van diep, ryk blougroen en dofpienk.”

Een van haar gunsteling-tydverdryw­e is om by tweedehand­swinkels rond te snuffel vir meubels wat sy kan restoureer. Daar is heelparty sulke stukke regdeur die huis, met antieke erfgoed en net ’n paar nuwe kopies tussenin.

Katie kombineer kleur en patroon met groot sukses, en skroom nie om blommotiew­e met meer tradisione­le strepe te kombineer nie. Haar kombinasie­s is dikwels ongewoon, maar die eindresult­aat getuig van haar besonderse kreatiewe flair.

Binne en buite word een

Daar is gemaklike vloei tussen die kombuis en leefareas wat uitloop op die stoep met sy pragtige uitsig op die romantiese, welige tuin. Dit herinner aan die Engelse platteland, met ’n magdom pienk rose wat die kleurpalet van die leefareas perfek komplement­eer.

“Ek wou die gevoel skep dat die tuin en leefareas aaneenvloe­i,” sê Katie. Daarom is daar heelwat dubbelvens­ters en -deure, dakligte, ’n pragtige sonkamer en maklike toegang tot die geil tuin.

Die onderskeie eienaars van dié ou plaashuis het oor die jare stuk-stuk daarby aangebou, wat ’n paar ongemaklik­e ruimtes tot gevolg gehad het. Maar pleks dat Katie dit by groter vertrekke ingewerk het, het sy elkeen ’n kreatiewe inspuiting gegee – hetsy met ’n versamelin­g borde of ’n uitstallin­g vintage-spieëls en ander items teen die muur. “Dis belangrik om heelwat hoekies te hê met verrassing­selemente of rustige plekke vir agteroorsi­t,” sê sy. >>

 ??  ?? Die sonkamer is ’n knus kuierplek tussen die oopplankom­buis en stoep. Wie woon hier? Katie Farringer en Jan Schliemann met hul kinders, Alexander (15), Sebastian (14), Josephine (8) en Jackson (7) WAAR Stellenbos­ch
Die sonkamer is ’n knus kuierplek tussen die oopplankom­buis en stoep. Wie woon hier? Katie Farringer en Jan Schliemann met hul kinders, Alexander (15), Sebastian (14), Josephine (8) en Jackson (7) WAAR Stellenbos­ch
 ??  ?? 32
32
 ??  ??
 ??  ?? Die stoep kry oggendson, maar die Virginiese klimop hou die ruimte koel. Dis die perfekte plek vir ontspan en al fresco-etes.
Die stoep kry oggendson, maar die Virginiese klimop hou die ruimte koel. Dis die perfekte plek vir ontspan en al fresco-etes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa