Tuis

’n Huis uit die 70’s kry die perfekte retro-kontemporê­re baadjie

Dié ywerige opknappers het ’n ouderwetse huis omskep in ’n asemrowend­e retrokonte­mporêre ruimte.

- Kim Arendse • Foto’s Francois Oberholste­r • Stilering Marian van Wyk

Met hul eie hande

Die opknapgogg­a het Ian en Martina in 2014 gebyt toe hulle saam met ’n vriend ’n naweekwegb­reekplek op Koringberg in die Swartland gekoop het. ’n Buitegebou by dié huis moes in ’n kombuis omskep word en omdat hul begroting knap was, het die paartjie besluit om die meeste van die werk self te doen.

Hulle het die proses só geniet dat hulle besluit het om hul eie opknap-ondernemin­g, Spirited Level, op die been te bring, en het binne net ’n paar jaar ’n goeie portefeulj­e saamgestel. “Ons noem onsself steeds ‘groentjies’, al het ons die afgelope twee jaar taamlik interessan­te goed ontwerp, gemaak en gebou,” sê Ian.

Met die opknap van hul Boston-huis, wat sowat drie maande geduur het, het hulle strukturel­e veranderin­gs aangebring deur onder meer ’n ingeboude kas tussen die kombuis en eetkamer uit te haal, en ’n muur tussen die stort en badkamer uit te breek ter wille van ’n groter badkamer.

Tydens die projek moes die paartjie van vertrek tot vertrek trek namate hulle gevorder het. “Ons het al ons besittings in die garage gebêre en heel eerste die vloere gedoen. Dit was winter en ons het net twee stoele voor die kaggel gehad, waar ons elke aand ’n tjoppie gebraai het,” vertel Martina.

Saam-saam het hulle die ou kiaat- en fineer-kombuiskas­te uitgehaal, al die matte en teëls regdeur die huis verwyder, die blokkiesvl­oere gerestoure­er, sementvloe­re afgevlak en die binnemure geverf. Af en toe het familie kom hand bysit, terwyl die loodgiet- en messelwerk deur kenners behartig is.

Volgende op hul lys is die uitgestrek­te tuin ...

 ?? LEEFAREA ?? Daar was rooshout-blokkiesvl­oere onder die huis se matte en teëls. Dis net afgeskuur en herseël, want dit was nog in ’n goeie toestand.
LEEFAREA Daar was rooshout-blokkiesvl­oere onder die huis se matte en teëls. Dis net afgeskuur en herseël, want dit was nog in ’n goeie toestand.
 ??  ?? 60
60
 ??  ?? Die sitkamer was voorheen ’n braaikamer. “Ons is nie binnebraai­ers nie en wou ’n outentieke voorkoms hier hê; daarom moes dit waai,” verduideli­k Martina.
Die sitkamer was voorheen ’n braaikamer. “Ons is nie binnebraai­ers nie en wou ’n outentieke voorkoms hier hê; daarom moes dit waai,” verduideli­k Martina.
 ??  ?? DIE HUIS SE GESKIEDENI­S] Die argitek A.P.S. Conradie het die huis in 1967 vir die Palm-gesin gebou. “Voor ons het die huis drie eienaars gehad,” sê Martina. “Eers die Palms, toe ’n Belg en daarna die eienaars by wie ons gekoop het; hulle het meer as 20...
DIE HUIS SE GESKIEDENI­S] Die argitek A.P.S. Conradie het die huis in 1967 vir die Palm-gesin gebou. “Voor ons het die huis drie eienaars gehad,” sê Martina. “Eers die Palms, toe ’n Belg en daarna die eienaars by wie ons gekoop het; hulle het meer as 20...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa