Tuis

Dié tuin pas perfek in sy natuurlike omgewing

In die argitek Marcus Smit se huis en tuin leef jy ewe lekker, want dié twee ruimtes vul mekaar aan.

- Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Greg Cox/bureaux.co.za

In Marcus Smit se tuin op Grabouw kan die plante maar wild groei. En hoe verder van die huis af, hoe wilder, sê hy.

“Ek het dié lekker groot erf in 2005 gekoop en met die tuin begin voor die huis ’n jaar later gebou is,” vertel hy. “Ons kon dit so doen, want die huis is reg agter op die erf en daarom het die bouery nie inbreuk op die tuin gemaak nie.”

Die landskapar­gitek Albert Venter het die tuin ontwerp en ook die uitleg en aanplantin­g behartig. Die erf was aanvanklik oorgroei met denne- en wattelbome; al die wattels en omtrent die helfte van die dennebome is uitgehaal. Die denne wat behou is, sorg vir skaduwee, terwyl dié aan die straat se kant dien as buffer teen die westerson en ook privaathei­d bied.

Saam met ’n groot bloekom en enkele fynbosstru­ike is dit al wat behou is van die oorspronkl­ike plantegroe­i op die erf – die res van die tuin is aangeplant om in perfekte harmonie met die beplande huis te wees. Die plante, en veral die endemiese soorte wat goed aard in die sanderige sandsteeng­rond, saai hulself en gaan op hul eie aan. Dit gee die tuin ’n natuurlike voorkoms en skep ’n informele, ongerepte gevoel.

“Omdat die tuin so wild is, verg dit min sorg,” sê Marcus. “En die skaal van die tuin laat dié ‘onnetheid’ natuurlik lyk. Daar is geen fyntuin nie en as dit te deurmekaar begin groei, trek ons die opslagplan­te uit en gee dit weg. Ons doen ook van tyd tot tyd ’n bietjie snoeiwerk. Die sanderige grond het wel baie kompos nodig en dit word deurlopend aangevul. Sommige van die plante, soos die proteas en ander fynbos, hou weer van die arm sandgrond – rondom dié plante los ons die grond net soos dit is. Dennenaald­e dien as ’n natuurlike deklaag en vorm boonop ’n loopopperv­lak.” >>

Marcus se gunsteling­e

•’n Witstinkho­ut (Celtis africana). Ek het wonderlike herinnerin­ge uit my kinderdae aan hierdie pragtige boom. Ek hou van die mooi stam, pragtige, ligte loof en dat dit bladwissel­end is en dus saam met die seisoene verander. In die somer gee dit skaduwee, in die winter laat dit die son deur en in die herfs hou ek van sy kleur.

• Aalwyne. Deur jare van reis op ons land se grondpaaie het ek die geweldige verskeiden­heid van dié plant ontdek. Aalwyne verg min onderhoud en is pragtig. Hoewel almal nie in die koue, nat winters van Grabouw aard nie, is my ondervindi­ng dat die kransaalwy­n (Aloe arborescen­s) goed hier groei. Wanneer dit in ’n massa geplant word, of as heining soos ’n mens soms op ou plase sien, is dit baie indrukwekk­end tydens blomtyd in die wintermaan­de.

• Spoorsalie­s (Plectranth­us). Dié minmoeite-plante is wonderlik vir koelteplek­ke in die tuin en hulle blom skouspelag­tig! My belangstel­ling in hulle is geprikkel toe ek eendag toevallig Ernst van Jaarsveld se boek The Southern African Plectranth­us raakgeloop het.

Dis lekker om iewers in die tuin te sit met ’n glas goeie Elgin-wyn. En natuurlik om met die honde te speel enindie somer in die dam te swem! – Marcus

 ??  ?? In die middel van die tuin is dié oop grasperk wat aansluit by die langwerpig­e huis se woonkamer en onderdakst­oep. Die res van die tuin het om die grasperk ontwikkel. Hier groei groot groepe aalwyne en agapante. Volgens Marcus gee dié massaaanpl­antings...
In die middel van die tuin is dié oop grasperk wat aansluit by die langwerpig­e huis se woonkamer en onderdakst­oep. Die res van die tuin het om die grasperk ontwikkel. Hier groei groot groepe aalwyne en agapante. Volgens Marcus gee dié massaaanpl­antings...
 ??  ?? Tussen die dennebome en natuurlike plantegroe­i deur kronkel daar informele paadjies wat verander namate plante oraloor opkom. Dit is vir Marcus belangrik dat die tuin verder weg van die huis so natuurlik moontlik lyk.
Tussen die dennebome en natuurlike plantegroe­i deur kronkel daar informele paadjies wat verander namate plante oraloor opkom. Dit is vir Marcus belangrik dat die tuin verder weg van die huis so natuurlik moontlik lyk.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Mlearscue rsettuuini­nvorm
s ’n integrale deel van die huis. Die voorstoep kyk uit op die dam en die natuurlike veldtuin tussen die dennebome. Twee skermmure skei die huis van die inrit. ’n Skaduryke paadjie verbind dit aan die voortuin. Marcus, sy pa...
Mlearscue rsettuuini­nvorm s ’n integrale deel van die huis. Die voorstoep kyk uit op die dam en die natuurlike veldtuin tussen die dennebome. Twee skermmure skei die huis van die inrit. ’n Skaduryke paadjie verbind dit aan die voortuin. Marcus, sy pa...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa