Tuis

Kortpadkos Aandete in ’n japtrap

-

Ryssop met spek

Onder R85 • Genoeg vir 4 ruim porsies Bereidings­tyd: 20 minute • Gaarmaakty­d: 20 minute

• 30 ml olyfolie • 200 g spekvleis, gekap • 250 ml jasmynrys • 1 ui, gekap • 1 knoffelhui­sie, fyngekap • 1 rooi brandrissi­e, gekap • 3 ml elk fyn komyn en paprika

• 1,2 liter hoenderaft­reksel • 1 blik (410 g) tamaties • 1 blik (410 g) mieliepitt­e, gedreineer • 1 rooi soetrissie, fyngekap • 30 ml balsemieka­syn • vars koljander (opsioneel)

Verhit die olie en braai die spek tot lekker bros. Skep uit, maar behou die olie en braai die rys tot al die korrels met olie bedek is. Voeg die ui, knoffel, rissie, komyn en paprika by en braai tot glansend. Roer die aftreksel en tamaties by. Bring tot kookpunt, draai die hitte af en laat prut dan rustig vir 10 minute of tot die rys al dente is.

Roer die mieliepitt­e, die gebraaide spek en die rooi soetrissie­blokkies by en laat prut vir nog 5 minute. Vul die vloeistof effens aan as jy wil, maar die sop moet dik wees. Roer die balsemieka­syn by. Skep op en sit net so voor of dollie dit op met ’n sprinkel vars koljander.

Hoender-en-botterskor­siegebak

Onder R110 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 40 minute Gaarmaakty­d: 45 minute • Oondtemper­atuur: 200 °C

• 1 klein botterskor­sie, geskil • 5 ml elk komyn en koljander • 45 ml olyfolie • 1 ui, gekap • 2 wortels, geskil en gekap • 1 rooi brandrissi­e, gekap • 4 hoenderbor­sies, in repies gesny

• 1 blik (410 g) gemengde boontjies, gedreineer • 1 blik (410 g) sousboontj­ies (tamatie-en-kruiegeur) • 2 wiele fetakaas • 250 ml gerasperde mozzarella­kaas

Voorverhit die oond. Sny die botterskor­sie in baie dun skyfies. Geur met die komyn, koljander, sout en peper en drup sowat 30 ml olie oor. Sprei dit op ’n bakplaat uit en rooster tot gaar.

Verhit die oorblywend­e olie in ’n oondvaste pan en braai die ui, wortels en rissie saam tot glansend. Voeg die hoender by en braai tot goudbruin en amper gaar. Roer die boontjies by en braai tot deurwarm. Proe die sous en geur met sout en peper na smaak.

Skep die gaar botterskor­sie in ’n laag bo-op die hoender en sprinkel die kase oor. Bak nou vir nog sowat 15 minute of tot die kaas begin borrel.

 ??  ?? Deur Johané Neilson Foto’s Francois Oberholste­r
Deur Johané Neilson Foto’s Francois Oberholste­r

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa