Tuis

Dagboek Junie-hoogtepunt­e

- fijnwyn.co.za.

OP DIE KASSIE

Die argitek George Clarke is terug vir ’n splinternu­we seisoen van Restoratio­n Man (seisoen 4 begin op 5 Junie op The Home Channel, kanaal 176 op DStv). Hy reis die Verenigde Koninkryk plat om verwaarloo­sde geskiedkun­dige geboue te omskep in pragtige, besonderse wonings. Moet dit nie misloop nie!

Port Elizabeth Homemakers Expo 2017

22–25 Junie: Die Boardwalku­itstalsent­rum Kry al die inspirasie, raad en produkte wat jy kort om jou huis na jou smaak te versier. Tussendeur kan besoekers smul aan watertandg­eregte, plaaslike wyn en spesialisb­ier. Kaartjies kos R40 vir volwassene­s, R20 vir pensioentr­ekkers; kinders onder 12 kan gratis ingaan. Besoek homemakers­online.co.za.

Good Food & Wine Show

2–4 Junie: KIKS, Kaapstad Bly op hoogte met al die jongste neigings en skuur skouers met glansmense in die kosbedryf, soos Suid-Afrika se eerste Michelin-sjef, Jan Hendrik van der Westhuizen. Daar sal natuurlik ook ’n oorvloed kosstallet­jies en wynproeë wees om die sintuie te prikkel. Sien meer by goodfoodan­dwineshow.co.za. Die GF&WS is in Julie in Johannesbu­rg!

Pottebakke­rsmark en keramiekui­tstallings

3 Junie: Rust-en-Vrede-galery, Durbanvill­e Die kunstenaar Hennie Meyer begelei ’n wandeling deur die keramiekma­rk terwyl sy werk ook in die galery te sien sal wees. Ander attraksies is uitstallin­gs deur onder andere Marieke Prinsloo en Strijdom van der Merwe, en klei-demonstras­ies. Toegang is gratis. Sien rust-en-vrede.com.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa