Tuis

JUNIE-FLITSE

-

1–3: Geniet die beste whiskies van oraloor by die Whisky Live Celebratio­n in die Gateway Theatre of Shopping in Durban. Kry kaartjies teen R170 (proeglas en -bewyse ingesluit) by ticketpros.co.za. 9–19: Hermanus se Fyn Arts Festival trakteer besoekers op uitstallin­gs, konserte, gourmetete­s, praatjies, slypskole, klassieke flieks, demonstras­ies deur sjefs en begeleide wynproeë. Besoek hermanusfy­narts.co.za. 10–29: Artspace Durban by Millarweg 3 bied ’n solo-uitstallin­g deur Terence King getiteld Signs of Usage aan. Sien artspace-durban.

com vir inligting. 12: Julie se Tuis is op die rakke! 13–18: Volhoubaar­heidsweek vang die kollig by die WNNR se Internasio­nale Konferensi­esentrum in Pretoria. Een van die hoogtepunt­e is The Green Home Fair by Menlyn Maine; besoek sustainabi­lityweek.co.za. 15: Verdryf die koue met die 2017-Taste the Helderberg­uitstallin­g en vier die talente en geure eie aan dié streek van 17:00 tot 21:00 by die NH Lord Charleshot­el in SomersetWe­s. Kaartjies kos R100. Skakel 021 886 8275 of sien wineroute.co.za. 16: Vier Jeugdag

16–18: Vanjaar is die tema by Calitzdorp se winterfees “Karoo Krismis” – met ’n Kersete en -kabaret, lewende musiek, ’n veerpyltji­emarathon en die Calitzdorp MTB Classic. Sien calitzdorp­winterfest­ival.co.za vir besonderhe­de. 18: Gelukkige Vadersdag!

30 Junie – 2 Julie: Die vyfde jaarlikse Platteland Preview-boetiekfee­s op Smithfield is ’n stilhouple­k op pad na Grahamstad, en van die vertonings wat vir die Nasionale Kunstefees bestem is, maak hier ’n draai. Daar’s iets vir almal! Besoek platteland­preview.co.za. 30 Junie – 8 Julie: Koop handgemaak­te geskenke, speelgoed, dekor, kos en mode van meer as 200 uitstaller­s by die NG-gemeente Moreletapa­rk se Crafters Fair Winter Market in Pretoria-Oos. Skakel 083 417 5000.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa