Tuis

Dekor, droom en lekker leef

-

“Die meubels van ons vorige huis het hier net eenvoudig verdwyn in die groot vertrekke,” lag Martie. “Maar ek het die ruimtes so met verloop van tyd gevul. Dit is vir my belangrik om nie die huis se styl te steel nie. Ek het nog nooit ’n ontwerper vir enigiets gebruik nie; ek maak mooi met my emosies.

“Die huis bepaal self wat hier pas en wat nie. Soms, as ’n ding nie wil werk waar ek dit neersit nie, wag ek net; ek weet die huis sal uiteindeli­k vir my die regte plek wys – of dit nou ’n ou grammofoon of ’n boomstomp is. Vir erfstukke en familiegoe­d is hier altyd plek.

“Ek is lief vir natuurlike materiale soos hout, koper en glas. ’n Bietjie bling, fluweel en sy is ook altyd welkom. My gunsteling-kleur is grys; ek is doodbang dit gaan uit die mode! En ek is dol oor botaniese motiewe en proteas.”

Martie droom van ’n inheemse fynbostuin, en intussen plant sy en Gert bome. “Ons het al meer as 30 inheemse bome geplant. Dis ’n tradisie van vorige eienaars wat ons voortsit vir toekomstig­e inwoners.”

In die week leef die Koegelenbe­rgs op ’n drafstap; daarom waardeer hulle naweke tuis des te meer. “Die lekkerste is om net rondom ons eie kostafels te kuier en lui te raak in die son of voor ’n kaggel,” sê Martie. >> In Gerrit se slaapkamer staan twee enkelbedde­ns wat Gert gemaak het van ou kopstukke en voetenente, met ’n basis van stukke staal wat hy uit ou hoenderhok­ke herwin het. Mure geverf in die Dulux-kleure Steel Sympony 2 en Rum Caramel 4

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa