Tuis

[ GESKIEDENI­S OM TE DEEL]

-

Die huis dateer uit die 19de eeu. “Al wat ons oor die geskiedeni­s kon opspoor, was ’n akte uit 1894 in die Kaapse argiewe,” vertel Martie.

Buiten skoonmaak, opruim en bouwerk aan die stoep, was geen groot strukturel­e veranderin­gs nodig nie. “Die terrein om die huis het die meeste werk geverg,” sê sy. “Die tuin is my en ons tuinier, Lewis Mtutsi, se harde werk. Gert het die wingerde aangeplant en elke jaar moet ons met die hoenders en voëls meeding om darem genoeg trossies gepars te kry dat Gert kan wynmaak.”

Die stoep is in 2014 gerestoure­er. “My broer, Hannes Botes, het vir ons ’n spertyd van ses weke gegee, want hy wou hier trou. Gelukkig was die fondament van die oorspronkl­ike stoep nog hier. Ons het self ingespring; hier by die huis is baie vlytige hande en die Overberg het geen tekort aan vaardige ambagsmann­e nie.”

Martie gee toe dat ’n huis wat meer as 150 jaar oud is, voortduren­d onderhoud verg. “Ons is baie lief vir die huis en sensitief vir die historiese waarde, maar jou werk is nooit klaar nie. Vensterram­e moet elke jaar versorg word; enigiets van deurknoppe tot vloerplank­e moet heelgemaak word; en vog van bo en onder moet gedurig in toom gehou word.

“Maar Genade moet gedeel word. Die plek is nie net ons s’n nie; dis deel van Caledon en die Overberg. Ek dink nie ’n mens besit ooit so ’n ou gebou nie. As ek net dink aan al die gesinne wat oor die jare hier gewoon het – sommige 20 of 30 jaar – besef ’n mens baie gou: Ondanks wat op jou akte staan, is jy net ’n gas in hierdie statige ou huis en het jy ’n geweldige verantwoor­delikheid om dit so goed moontlik te bewaar.”

 ??  ?? Die 5 kW driefase-krag wat sestien sonpanele op die dak opwek, voorsien in die gesin se basiese elektrisit­eitsbehoef­tes; wanneer dit te min is, skakel die stelsel oor na munisipale krag. Maar enige elektrisit­eit wat hulle nie gebruik nie, word...
Die 5 kW driefase-krag wat sestien sonpanele op die dak opwek, voorsien in die gesin se basiese elektrisit­eitsbehoef­tes; wanneer dit te min is, skakel die stelsel oor na munisipale krag. Maar enige elektrisit­eit wat hulle nie gebruik nie, word...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa