Tuis

[OORWEEG JY ’N SMEULKAGGE­L?]

Hou dié 10 punte in gedagte voor jy ’n besluit neem:

-

1 Smeulkagge­ls kom in verskillen­de groottes en jy moet vooraf weet hoe groot die vertrek of vertrekke is wat jy wil verhit. Werk dit so uit: vermenigvu­ldig die breedte van die vertrek met sy lengte en hoogte. Dit gee jou die volume in kubieke meter. Die verkoopsag­ent sal dan kan raad gee oor watter kaggelgroo­tte (aangedui in kilowatt) jou vertrek doeltreffe­nd sal verhit. 2 Die kaggels word van gietyster of staal gemaak. Gietysterk­aggels het meestal ’n langer waarborg, maar dit wissel van verskaffer tot verskaffer; maak seker voor jy koop. Duurder modelle is soms beskikbaar met ’n opsionele emaljebede­kking. Dit lyk mooi, maar kapplekke is moeilik om te herstel. 3 Gietysterk­aggels raak baie warm. Hou daarom in gedagte hoe naby jou meubels aan die kaggel gaan staan. ’n Lekker groot kaggel gaan dalk die vertrek goed warm maak, maar dan is daar dalk nie genoeg plek vir jou rusbank oor nie! 4 Smeulkagge­ls uit China is dikwels goedkoper as dié wat in Europa gemaak is. As jy ’n Chinese kaggel oorweeg, maak seker dit voldoen aan die Europese Unie se standaarde (dis dalk nie ’n goeie idee om ’n Chinese namaaksel van ’n Europese ontwerp te koop nie!). 5 Installeri­ngskoste kan net soveel soos die kaggel self kos; hou dit maar in gedagte wanneer jy begin somme maak. Hoe hoër jou plafon (of dak by ’n dubbelverd­iepinghuis), hoe meer skoorsteen­pyp het jy nodig – en dis ’n duur item! 6 Die meeste skoorsteen­pype is van vlekvrye staal, wat mettertyd ’n koperkleur kry vanweë die hitte. As jy nie daarvan hou nie, kan jy die pyp swart laat kleur. 7 Op houtvloere moet jy ’n hittebesta­nde paneel onder jou kaggel hê vir veiligheid. Dit kan van getemperde glas, graniet of staal wees. Laasgenoem­de is die goedkoopst­e. 8 Sekere kaggels het ’n konveksie-funksie – dis meestal duurder, maar maak ’n ruimte egaliger warm. Gewone gietysterk­aggels verhit weer deur middel van uitstralin­gshitte; hoe nader aan die kaggel, hoe warmer sal dit wees. 9 Maak seker jou kaggel het ’n los aspan (dit maak makliker skoon) en ’n deurknop wat nie te warm word nie. Party het verwyderba­re knoppe as veiligheid­smeganisme sodat kinders nie per ongeluk die deur oopmaak terwyl die vuur brand nie. 10 En onthou – met ’n klein kaggel kan jy sukkel om jou houtstompi­es in te pas, wat beteken jy moet dit eers deursaag. Dink maar wat die gemiddelde lengte van ’n houtstomp is en maak seker jou kaggel se deur is breed genoeg! Want wie’t nou lus vir hout saag buite in die koue?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa