Tuis

[ELEKTRISIT­EIT]

Elektrisit­eit bly die maklikste manier om jou huis te verhit, maar die groot verskeiden­heid produkte in alle prysklasse kan oorweldige­nd wees. En noudat energiebes­paring so ’n belangrike oorweging is, is dit nie ’n eenvoudige keuse nie. Hier is ’n paar op

-

OLIEVERWAR­MERS is doeltreffe­nd, veilig en geskik vir die meeste leefareas. Dit kom in verskillen­de groottes en werk so te sê geluidloos. Sekere gebruikers kla wel van ’n reuk wat in die vertrek hang, en dit gebruik taamlik baie elektrisit­eit.

KOSTE R650–R1 900

PANEELVERW­ARMERS word gewoonlik teen ’n muur gemonteer en kan maklik geverf word om met sy omgewing saam te smelt. Dis ook beskikbaar in glas vir ’n meer kontemporê­re voorkoms. Dié panele gebruik omtrent ’n vyfde soveel elektrisit­eit as ’n olieverwar­mer, wat dit baie meer ekonomies maak. Maar onthou, paneelverw­armers verhit nie regtig ’n hele vertrek nie; dis meer geskik om net die ergste koue uit ’n vertrek te verdryf.

KOSTE R500 – R1 399

LUGVERSORG­ING kan ’n wonderlike manier wees om jou huis warm te maak, veral as dit ’n wisselrigt­er-hittepomp het, wat energie bespaar. Trouens, dit kan drie keer so doeltreffe­nd soos ’n gewone elektriese verwarmer wees. Hierdie “ekovriende­like” lugversorg­ers kom gewoonlik teen ’n stewige prys.

KOSTE Sowat R13 000 per eenheid

INFRAROOI-VERWARMERS straal hitte uit wat soortgelyk is aan die son se strale. Dit werk goed vir iemand wat direk voor die verwarmer sit, maar namate jy verder wegbeweeg, sal jy agterkom dit is nie so doeltreffe­nd nie. Dis ook duurder as die meeste verwarmers.

KOSTE R2 400–R5 000 WAAIERVERW­ARMERS is bekostigba­ar en kan ’n vertrek redelik vinnig verhit. Die waaier maak net meer geraas as ander soorte verwarmers. KOSTE R200–R750

 ??  ??
 ??  ?? Russell Hobbs Milanowaai­erverwarme­r (links) R759 en Russell Hobbskonve­ksieverwar­mer
(onder) R879, yuppiechef.com
Russell Hobbs Milanowaai­erverwarme­r (links) R759 en Russell Hobbskonve­ksieverwar­mer (onder) R879, yuppiechef.com
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa