Tuis

Opgekikker met verf!

-

Hannelie Liebenberg skryf Ek het ’n donkerbrui­n sitkamerst­el wat ek wil mooimaak, maar ek kan nie nuwe stoffering bekostig nie. In die Desember 2016-uitgawe het ek gelees van die Engelbrech­t-gesin wat ’n rusbank met Annie Sloan geverf het. Ek dink dis ’n wonderlike idee, maar ek weet nie waar om te begin nie. Help asseblief!

Annie Sloan van Annie Sloan Paint antwoord Dis ’n moeilike taak om ’n rusbank te verf; jy moet die verf verdun sodat dit nie te dik is om mee te werk nie. Jy kleur eintlik die lap, jy verf nie. Jy kan ’n spuitbotte­l gebruik of die verf verdun en dit met ’n kwas aanwend.

Met 1 liter verf sal jy min of meer 13 m2 kan bedek en waarskynli­k 1–2 lae kan aanwend, afhangend van hoe dik die verf is en watter kleur die verf en die bank is. Wend agterna 1–2 lae was aan om dit ordentlik te verseël; wag 24 uur tussen lae om droog te word.

Nie alle soorte lap is geskik nie – baie sintetiese mengsels gaan nie die verf goed absorbeer nie of is met brandvertr­agende middels behandel.

Wanneer jy stoffering wil verf, is die beste raad om items te kies wat styf oorgetrek is met natuurlike materiaal soos katoen of linne. ’n Eetkamerst­oel is perfek. Toets altyd eers ’n onopsigtel­ike deel om seker te maak die verf klou en jy kry die gewenste effek.

KONTAK anniesloan­sa.co.za >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa