Tuis

Ougoed of hougoed

-

Witwarm erfstuk

Michelle Janse van Rensburg van Vaaloewer skryf Ons stoof, met die datummerk 1938, is in ’n goeie toestand; hoeveel sou dit werd wees?

Inge Beck van Ashbey’s Galleries antwoord Dis ’n vintageele­ktriese stoof van Detroit, Michigan. Detroit was lank gelede die wêreld se “stoof-hoofstad” en die Michigan Stove Company het in 1893 die heel eerste elektriese stoof by die Chicago Exposition ten toon gestel.

OUDERDOM 20ste eeu WAARDE R2 000–R4 000

Aan die brand

Judi Muller van Alberton skryf Ek het hierdie brandbluss­er sowat 40 jaar gelede gekry; het dit enige waarde?

Inge Beck antwoord Jou brandbluss­er is ’n vintage-model deur Boyd; dis gemaak van geelkoper en rooikoper en is uiters gesog onder brandbestr­yders en versamelaa­rs.

Met ou brandbluss­ers is daar veiligheid­srisiko’s betrokke, want dit kan een of ’n mengsel van tot 100 verskillen­de soorte chemikalie­ë bevat. Dis verbode om brandbluss­ers te verkoop wat die uiters giftige chemikalie tetrachlor­ied bevat. OUDERDOM 20ste eeu WAARDE R3 000–R5 000 KONTAK ashbeysgal­leries.co.za LW: Dié brandbluss­ers dra nie meer SABS-goedkeurin­g nie; dit kan nie gediens word nie, maar kan wel onskadelik gemaak word. Besoek East Rand Fire Extinguish­er Service & Sales (011 975 6224), Dumela Diamond Fire (fireservic­e.co.za) of Combat Fire (combatfire.co.za).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa