Tuis

Osteoartri­tis in troeteldie­re

-

John Myburgh van Johannesbu­rg skryf My ouer labrador-kruising is dol oor stappies en hadidas jaag, maar hy beweeg deesdae stadiger. Dit lyk of hy pyn in sy regteragte­rbeen het. Wat kan die probleem wees?

Dr. Guy Fyvie, veeartseny­kundige adviseur by Hill’s Pet

Nutrition SA, antwoord Dit is klassieke tekens van osteoartri­tis, die algemeenst­e oorsaak van chroniese pyn by honde. Osteoartri­tis is skade en inflammasi­e in ’n gewrig en die omringende weefsel; dit veroorsaak pyn, soms swelling en minder beweeglikh­eid. Gewrigte “verslyt” gewoonlik weens ouderdom, en die situasie word vererger deur ekstra gewig of iets soos heup- of elmboog-displasie, wat vir jare onontdek kan wees.

Kyk ook uit vir dié tekens: Jou hond staan moeilik op (veral in koue weer) en sukkel met trappe en ongelyk oppervlakk­e. Hy kan ook bitsig wees omdat hy pynlike kontak wil vermy – wees veral versigtig as daar kleiner honde en jong kinders is!

Laat ’n veearts jou hond volledig ondersoek. Hy sal dalk ’n operasie nodig hê, of die veearts kan besluit om op pynbeheer en groter beweeglikh­eid te fokus. ’n Spesiale dieet en anti-inflammato­riese medikasie vir honde, wat goeie pynverligt­ing bied, kan ’n merkbare verskil maak. Agt uit 10 eienaars sê hul troeteldie­r loop, speel en staan makliker op sedert hulle Hill’s Prescripti­on Diet j/d-kos kry. Dis die enigste kos wat klinies bewys is dat dit beweeglikh­eid binne net 21 dae verbeter.

Enige ekstra gewig sit spanning op die gewrigte, so dis belangrik dat jou hond nie oorgewig is nie. Hill’s Prescripti­on Diet Metabolic + Mobility kombineer die voordele van gewigsverl­ies en gesonde gewrigte.

Fisio- en/of hidroterap­ie kan voordelig wees; vra jou veearts om jou na ’n rehabilita­siesentrum te verwys. Jy kan jou hond self saggies masseer en ’n warmwaters­ak (nie te warm nie) gebruik. Daaglikse matige, laeimpak-oefening is belangrik – stap of swem gereeld met jou hond. Hy moet net nie spring nie, en moet nooit só oefen dat hy pyn ervaar nie.

Klein veranderin­ge aan sy omgewing sal ook help: Sorg dat sy kos en water binne maklike bereik is, dat hy ’n sagte, warm bed weg van koue trekke het, dat hy so min moontlik trappe klim en dat jou matte ’n glyvaste basis het.

Al kan osteoartri­tis ’n pynlike siekte wees, kan jou troeteldie­r ’n gelukkige lewe lei indien jy die siekte goed bestuur.

KONTAK hillspet.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa