Tuis

Krui van die maand

-

Silwertiem­ie

(Thymus-hibried)

Silwertiem­ie is ’n dekoratiew­e tuinplant wat wit blommetjie­s dra en heuningbye lok.

Kweek dit so Met sy fyn, geurige groen-en-wit blare met klein wit blomme in die somer is dié plant ’n goeie grondbedek­ker, veral onder rose. Dit werk ook goed langs paadjies of in houers. Die krui verkies ligte, goedgedrei­neerde grond en vra min water as dit eers gevestig is. Dis gehard en sal deur die winter groei.

Wenk van die maand Silwertiem­ie stimuleer die groei van naburige plante en sy geurige blare hou plantluise weg.

Het jy geweet? Tiemie maak ’n heerlike tee, en buiten die lekker smaak is dit propvol antioksida­nte, dit kan omega 3-vetsure help verhoog en bevat minerale en vitamiene wat noodsaakli­k is vir optimale gesondheid. Moet net nie tiemietee vir langer as ’n week drink nie, want dit kan ysterabsor­psie beïnvloed.

Gebruike Die krui is ’n goeie geurmiddel vir wortels, aartappels, tamaties en geroosterd­e of gesoteerde groente (veral sampioene en murgpampoe­ntjies). Gebruik dit gerus saam met stadiggero­osterde bief, hoender, lam, wilds- en varkvleis, of voeg dit by botter, kaas- en eiergeregt­e, souse en slaaisouse, sop, bredies, vulsel, asyn en marinades (veral vir olywe).

KONTAK healthyliv­ing-herbs.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa