Tuis

Ludwig se rooshoekie

-

Die rooskenner Ludwig Taschner gee raad vir rose met geel blare en verduideli­k hoe jy die perfekte roosbeddin­g maak. V: Ek woon in Kaapstad en my ‘Clocolan’roos het ’n erge infestasie van wat lyk soos spinmyt. Ek oorweeg dit om die roos te snoei om van die aangetaste blare ontslae te raak. Is dit te vroeg?

Ek sal jou aanraai om liefs monsters na ons Wynberg-tak by Chart Farm, Klaasenswe­g te neem vir korrekte identifika­sie van die probleem en ’n plan van aksie. Indien dit veroorsaak word deur rooispinmy­t, of, waarskynli­ker nog, plantluise, sal die plaag die nuwe blare infekteer as jy snoei – die infestasie moet eers heeltemal uitgeroei word. Moet dus nie terugsnoei nie; spuit eerder met Milbeknock vir rooispinmy­t of Plant Care vir plantluise. Spuit weer ’n week later met Milbeknock om pas uitgebroei­de myte dood te maak. Vir plantluise spuit jy sodra nuwe groei verskyn. V: Ek bemes en maak my rose gereeld nat, maar die blare is geel. Wat is fout?

Gelerige blare met groen are beteken die plant ly aan ’n ystertekor­t en die wortels kan nie yster uit die grond opneem nie. Dit gebeur wanneer die grond te alkalies is of gekompakte­er het, wat die mikrobes in die grond laat vrek weens ’n gebrek aan suurstof. Jy moet die grond belug, maar wag tot volgende maand om dit ordentlik te doen nadat jy gesnoei het. Werk heelwat organiese materiaal sowat 30 cm diep in, sprinkel Vigorosa oor die area en maak goed nat.

 ??  ??
 ??  ?? ‘Clocolan’
‘Clocolan’
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa