Tuis

Streef na hoër grond

-

Die ideale grond vir rose is sanderige leemgrond van minstens 50 cm diep, met goeie dreinering. Tog is baie tuine op rotsagtige skuinstes of moerasagti­ge plekke wat nie goeie dreinering het nie weens swaar grond of omdat daar bourommel onder ’n dun grondlaag is. Die oplossing is om roosbeddin­gs minstens 30 cm hoër as die res van die tuin te maak. In ’n bestaande tuin beteken dit jy moet die rose uithaal, die bedding verhoog en die rose weer op die regte diepte plant. Junie is die beste tyd hiervoor omdat die rose dormant is en die wortels nie onder so baie spanning sal wees nie.

Só lig jy ’n bedding

• Maak die rose die dag voor die tyd nat sodat die grond klam en maklik bewerkbaar is. • Snoei die rose met sowat ’n derde terug, en merk die plante met etikette, want jy gaan waarskynli­k die blomme (waaraan jy die plant sou identifise­er) afsny. • Sny die wortels die volgende dag af deur ’n graaf in ’n sirkel rondom die struik in die grond te druk (sowat 20 cm van die stam af). Haal die roos versigtig uit die grond en sit dit in ’n skadukol. • Spit die grond van die beoogde roosbeddin­g sowat 30 cm diep (graafdiept­e) om. • Werk sand, gruis, geskikte sanderige bogrond en organiese materiaal soos kompos, basstukkie­s of grondboond­oppe by die oorspronkl­ike, losgemaakt­e 30 cm grond in. Meng dit ’n paar keer goed deur. • Voor jy die grond die laaste keer omspit, sprinkel Vigorosa of Vigolonger en superfosfa­at of beenmeel oor die oppervlak en meng dit deur die grond, wat lekker sponserig behoort te voel. Die bedding se oppervlak moet nou ’n goeie 30 cm hoër as voorheen wees. • Om te keer dat besproeiin­gs- of reënwater wegloop, kan jy ’n rand rondom die bedding bou. Gebruik enigiets van bakstene, klippe en houtpale tot halwe betonringe. Grondbedek­kers soos viooltjies is ook ’n goeie idee, want dit sal die grond in posisie hou.

 ??  ?? Verhoog jou
Verhoog jou

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa