Tuis

Oondgeroos­terde T-been met vleissous

-

Maak dié lekker ryk sous terwyl die steak in die oond is. As jy die vuur wil aansteek en die groot stuk vleis lank en stadig wil braai, is jy welkom. Genoeg vir 4 Bereidings­tyd: 35 minute Gaarmaakty­d: 1 uur 30 minute Oondtemper­atuur: 140 °C

• 10 ml heel koljander, geskroei • 15 ml mosterdpoe­ier • 5 ml elk komyn en rooipeper • ’n takkie roosmaryn • sowat 20 ml seesoutvlo­kkies • ’n T-been-steak van 1,5 kg ROOIWYNSOU­S • 150 g beesbene (maak seker daar is minstens een murgbeen by) • 3 salotte, gekap • 1 groot wortel, geskil en gekap • 2 selderysti­ngels, gekap • 250 ml rooiwyn • 750 ml tuisgemaak­te aftreksel (of murgbeenso­p, resep op bl. 116)

1 Sit die speserye, roosmaryn en sout saam in ’n vysel en stamp tot geurig en gemeng. Maak snytjies in die vet van die steak sonder om tot in die vleis te sny en vryf die steak goed in met die geurmengse­l. As jy tyd het, sit dit so ’n dag voor die tyd oop op ’n draadrakki­e in die yskas (maar onthou dan om die vleis kamertempe­ratuur te laat bereik voor jy dit begin gaarmaak).

2 Voorverhit die oond. Verhit ’n dikboombra­aipan tot warm en braai die vleis, vetkant eerste en daarna alkant, tot goudbruin met ’n lekker kors. Op dié manier braai jy die vleis in sy eie vet en hoef jy nie ’n spul olie by te voeg nie. Verskuif die vleis na ’n oondpan en rooster vir sowat 1 uur in die oond. Die vleis sal halfrou wees met ’n baie mooi pienk kleur. Indien jy ’n vleistermo­meter het, kyk dat die interne temperatuu­r van die vleis 50 °C is. (As jy van jou vleis gaarder hou, rooster dit gerus langer.) Haal uit die oond, bedek met foelie en laat rus vir 10 minute voor jy dit sny.

3 Maak die vleissous Sit die bene in dieselfde pan waarin die Tbeen gebraai is en braai mooi bruin. Roer die gekapte groente by en braai dit saam tot gekaramell­iseer. Roer die wyn by en kook totdat dit met die helfte ingedamp het; dié stap is baie belangrik sodat die alkohol kan verdamp, anders oorweldig dit die sous. Roer nou die aftreksel by en laat prut totdat die sous verdik en glansend is. Skep die murg uit die murgbeen en laat dit in die sous smelt. Giet die sous deur ’n sif, geur na smaak met sout en peper en hou warm. Dit maak sowat 200 ml sous.

4 Sny die twee stukke vleis aan weerskante van die Tbeen af en sny dit dan in 1,5 cmskywe, elk met ’n stukkie vet aan. Sit voor met die rooiwynsou­s en bros, dik aartappels­kyfies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa