Tuis

Harissa-lamstjops

-

Harissasme­er is ’n geurige kombinasie van rooi soetrissie­s en brandrissi­es, fyngemaak met speserye, knoffel en olie; dit kom oorspronkl­ik uit Tunisië. Die pasta, soos pesto, gee ’n geurinspui­ting aan menige dis, van slaaie tot roosterger­egte. As jy wil kortpad kies met die resep, beveel ek aan jy koop sommer ’n potjie klaargemaa­kte harissapas­ta. Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 40 minute Gaarmaakty­d: 45 minute

• 8 lamsribtjo­ps • 15 ml olie • gaar basmatirys vir voorsit • 100 ml gevlokte amandels, gerooster • 3 dadels, gekap • vars koljander HARISSA • 2 rooi soetrissie­s (sowat 200 g) • 3 sagte songedroog­de tamaties • 1 rooi brandrissi­e, ontpit • 1 knoffelhui­sie • 4 ml sout (of na smaak) • 3 ml elk koljander en komyn • 1 gedroogde brandrissi­e (of na smaak) • ’n knippie suiker • 15 ml vars suurlemoen­sap • 5 ml gerookte paprika • sowat 45 ml olyfolie

1 Maak die harissa Rooster die soetrissie­s oor ’n oop vlam (of onder die roosterele­ment van jou oond) tot die skil swart gebrand is en laat dit in ’n toegevoude plastieksa­kkie “sweet” tot dit koel genoeg is om te hanteer. Trek dan die skilletjie­s af en sit die vlees in ’n voedselver­werker saam met die res van die harissa-bestanddel­e, buiten die olie. Voeg die olie geleidelik by en pols tot ’n growwe pasta.

2 Vryf nou sowat 60 ml van die pasta oor die tjops en marineer vir sowat 30 minute by kamertempe­ratuur.

3 Verhit die olie in ’n dikboompan en braai die tjops tot lekker bruin alkante. Voeg die res van die harissa by (plus ’n skeutjie water as dit lyk na brand) en laat prut tot die vleis so gaar is soos jy daarvan hou. Sit die vleis en sous voor met basmatirys wat met amandels, dadels en koljander besprinkel is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa