Tuis

Gerookte vark skenkel-en-boontjieso­p

-

Vars suurlemoen gee dié nostalgies­e gunsteling net die regte hupstoot. Onthou om nie sout aan die begin van die gaarmaakty­d by te voeg nie, want dit keer dat die bone sag kook; geur aan die einde. Genoeg vir 6 porsies Bereidings­tyd: 30 minute, plus weektyd oornag Gaarmaakty­d: 4 uur

• 250 ml spikkelbon­e, oornag geweek in koue water • 250 ml wit bone, oornag geweek in koue water • 30 ml olyfolie • 1 ui, gekap • 2 groot wortels, geskil en gekap • 2 selderysti­ngels, gekap • 2 knoffelhui­sies, gekneus • 1 groot (sowat 500 g) gerookte varkskenke­l (Eisbein) • 300 g gerookte varkbene (sien wenk) • 2 lourierbla­re • ’n takkie elk origanum en tiemie • sowat 2 liter water • 80 g platblaarp­ietersieli­e • vars suurlemoen­sap 1 Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die ui, wortel, seldery en knoffel tot

sag en glansend. Dreineer die bone en voeg dit saam met die vleis en bene, lourierbla­re, origanum en tiemie by die gebraaide groente en bedek met water (sowat 2 liter, maar gebruik jou oordeel). Bring tot kookpunt en laat prut stadig vir drie uur tot die vleis van die been afval en die bone murgsag is. Skep gereeld enige skuim af wat bo-op die sop vorm.

2 Skep die vleis en bene uit die sop en laat effens afkoel. Gebruik ’n aartappeld­rukker om die bone fyn te druk – sodoende behou jy steeds tekstuur in die sop en kan jy oordeel hoe grof jy dit wil hê. Gebruik andersins ’n staafmenge­r.

3 Vlok die vleis en skep dit terug in die sop saam met die pietersiel­ie, suurlemoen­sap en sout en peper na smaak. Wenk

Ek het die gerookte varkbene by die Food Lover’s Market raakgeloop; dit gee heerlike ekstra rokerige geure aan die sop. Indien jy sukkel om dit in die hande te kry, kan jy gewone varkbene gebruik of dit eenvoudig weglaat. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa